21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld

21-Days of Praying for Friends

DAG 17 VAN 21

Gebedsgids

2 Petrus 3:9

"Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer."

Gebed:

Vader, dankie vir u geduld. U behandel ons nie op grond van ons sondes nie, maar betoon u liefde en goedheid. Mag u goedheid _______________________ tot bekering en geloof lei. Ek bid dat _______________________ ten volle sal besef hoe diep sy/haar sonde is en wat dit verdien. Ek bid dat _______________________ nie net tot 'n sondebesef sal kom nie, maar ook bewus sal word van die geskenk van bekering wat daar in Christus Jesus is. 

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

21-Days of Praying for Friends

Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.

More

Ons wil graag New City Delhi bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://www.newcitydelhi.com