21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld
![21-Days of Praying for Friends](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18540%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Gebedsgids
Efesiërs 6:19
"Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak."
Gebed:
Vader, ek bely my vrese wat die verkondiging van die evangelie betref. Ek is bang vir mense en wat hulle van my dink. Ek vrees verwerping en mislukking. Ek is bang dat mense vir my sal lag en die spot met my dryf. Ek is bang dat ek sal skaam wees en verleë voel. Ek bely hierdie vrese teenoor U. Ek bid vir vrymoedigheid as ek die evangelie deel. Ek bid wanneer ek die evangelie met _____________________ deel, ek nie deur vrees gedryf sal word nie, maar met liefde gevul sal wees. Bedek my eie ontoereikendhede en gee my selfvertroue deur middel van die Heilige Gees.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![21-Days of Praying for Friends](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18540%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.
More