21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld

21-Days of Praying for Friends

DAG 19 VAN 21

Gebedsgids

Kolossense 1:13-14

"Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes."

Gebed:

Vader, U het ons gered deur u Seun, Jesus Christus. U het ons gered, vrygekoop, aangeneem, met u Heilige Gees vervul en 'n wonderlike erfenis gegee. Ek bid dat _______________________ ook die vrymaking en vergifnis van sonde sal ervaar. Red ________________ van die heerskappy en mag van die duisternis en maak hom/haar vry. Mag _______________________ U en Christus se opstandingskrag op 'n magtige wyse leer ken. 

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

21-Days of Praying for Friends

Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.

More

Ons wil graag New City Delhi bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://www.newcitydelhi.com