21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld

21-Days of Praying for Friends

DAG 18 VAN 21

Gebedsgids

1 Tessalonisense 1:9-10

"Die mense vertel self hoe julle ons ontvang het en hoe julle julle van die afgode tot God bekeer het en nou die lewende en ware God dien en dat julle sy Seun wat Hy uit die dood opgewek het, uit die hemel verwag, Jesus deur wie ons gered word van die oordeel wat kom."

Gebed:

Vader, ek bid dat _______________________ sal wegdraai van hulle afgode, fisiek en geestelik, en na Jesus as Verlosser en Here draai. Mag _______________________ die evangelie met ware berou en geloof aanvaar en erken dat U die lewende God is. Ek bid dat die mag van die bose, die mag van geld, sukses, aansien en wellus en die mag van vleeslike begeertes oorkom sal word deur die krag van die Heilige Gees. Red _______________________ van die toekomstige oordeel, tot U eer. 

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

21-Days of Praying for Friends

Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.

More

Ons wil graag New City Delhi bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://www.newcitydelhi.com