21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld
![21-Days of Praying for Friends](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18540%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Gebedsgids
Matteus 5:16
"Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik."
Gebed:
Vader, ek bid dat my dade en woorde tot u verheerliking sal wees. Laat alles wat ek doen en sê, uit 'n hart kom wat rus gevind het en in die evangelie juig. Terwyl ek met _______________________ omgaan, mag hy/sy die hoop van my redding verstaan en besef dat die Heilige Gees in my lewe aan die werk is. Ek bid dat ek soos Christus sal leef, onbaatsugtig en vol opregte liefde, dat my hele lewe 'n getuienis vir _______________________ mag wees. Heilige Gees, ek bid dat U my sal gebruik as 'n agent van versoening tussen God en _______________________, tot u eer.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![21-Days of Praying for Friends](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18540%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.
More