21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld
![21-Days of Praying for Friends](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18540%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Gebedsgids
Romeine 10:1-3
"Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle gered word, want ek kan van hulle getuig dat hulle vol ywer vir God is, maar sonder die regte insig. Hulle het hulle nie gesteur aan die manier waarop God mense vryspreek nie. Hulle wil niks van God se manier van vryspraak weet nie; hulle probeer dit op hulle eie manier kry."
Gebed:
Vader, my hartsbegeerte en gebed is dat __________________ gered word. Hy/sy baseer nie sy/haar ywer op die kennis van die Woord van God nie, maar op sy/haar eie verstand, ervaring, prestasies en suksesse. _______________________ verstaan nog nie die volkome geregtigheid van God deur Christus nie, maar is eerder besig om sy/haar eie geregtigheid te bewerkstellig. Laat _______________________ U leer ken en sy/haar hart oopmaak om u liefdevolle offer wat U namens ons gemaak het, raak te sien.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![21-Days of Praying for Friends](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18540%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.
More