21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld

21-Days of Praying for Friends

DAG 11 VAN 21

Gebedsgids

2 Timoteus 2:25-26

"Met vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring. Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te gehoorsaam."

Gebed:

Vader, ek bid dat U vir _______________________ bekering sal gun wat tot die kennis van die waarheid lei. Mag _______________________ berou hê oor al die valse verlossers, afhanklikheid van self en sy/haar eie geregtigheid en hom/haar na Christus wend. Verlos _______________________ van die vangstrik van die duiwel en maak hom/haar vry om u wil te doen. Ek bid dat die bekering opreg sal wees en 'n wonderlike, veranderde lewe tot gevolg sal hê. 

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

21-Days of Praying for Friends

Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.

More

Ons wil graag New City Delhi bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://www.newcitydelhi.com