Om Rus in die Lewensritmes te VindVoorbeeld

Finding Rest in the Rhythms of Life

DAG 10 VAN 10


Die Ritme van die Sabbat

Dit is belangrik om die onderhouding van 'n gereelde sabbatsritme uit te wys . . . ook die vermoë om op te hou. Ons probleem is gedeeltelik dat ons nie onthou hoe om op te hou nie. Daar is soveel moontlikhede vir ontspanning en om self besig te bly, dat ons moet onthou om op te hou en erken dat die lewe sonder enige moeite van ons kant af kan voortgaan . . . 

Terwyl ons rus, is God steeds aan die werk. Hy het glad nie "nodig" dat ons enigiets hoef te doen nie, maar gun ons dit om in sy koninkrykswerk hier op aarde by Hom aan te sluit. Om die sabbat te onderhou, help ons om te onderskei tussen wat noodsaaklik in ons lewens is en wat ons, onder die illusie van noodsaaklik, in ons lewens toegelaat het.

Baie literêre werke wat tydloos is en groot invloed het, verwys na die betekenisvolheid van 'n sabbat in ons lewens. "Sabbath as Resistance" deur Walter Brueggemann, "Keeping the Sabbath Wholly" deur Marva Dawn en "Sabbath" deur Abraham Joshua Heschel, kom onmiddellik by my op as onontbeerlike bronne vir navorsing en ontwikkeling van jou eie ritme.

Kyk of jy doelbewus tyd in jou week kan inruim om ruimte te skep wat die Here met rus kan vul. Gesels met jou gesin oor hoe en in watter vorm julle hierdie ritme in jul lewens kan vestig. Soos verduidelik, is daar in wese niks geesteliks aan die neem van 'n rusdag nie. As ons egter die dag afsonder en ons hoop op die dag [fokus], begin ons die geestelike voordele daarvan ervaar. Dank God dus vir die fisieke rus wat jy kan ervaar — sien dit ten volle vir wat dit is — die teendeel van ons gewone dag. 

Neig proaktief daartoe om erkenning te gee aan die maniere hoe God namens jou werk, bo en behalwe wat ons self deur ons eie pogings bydra.

Ongeag al hierdie dinge, wil ons ook nie toelaat dat hierdie ritmes afgode word nie. Hulle is almal voorbeelde van verskeie weë om met God kontak te maak. Roetines kan ons help om gemaklike gewoontes te ontwikkel om dinge te ervaar, wat ons andersins nie sonder daardie eerste doelbewuste tree vorentoe sou nie. Ons moet die Gees van God vra om ons te rig en deur die proses te lei. 

Twee Korintiërs 3:4-6 sê: "Ons sê dit omdat ons deur Christus ten volle op God vertrou. Uit onsself is ons nie in staat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend." 

Ons sal doen wat ons weet hoe, naamlik om onsself in te stel om die ritmes te beoefen, sodat die Here sy werk in ons lewens kan doen. 

Slegs God kan ware sielerus voorsien.

Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig. Leer hoe om jou Bybelstudie ten volle te benut met hierdie gratis e-Boek.


Hierdie leesplan is aangepas uit "Soul Rest: Reclaim Your Life, Return to Sabbath" deur Curtis Zackery (Bellingham, WA: Kirkdale Press), 2018.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Finding Rest in the Rhythms of Life

Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat om ons aandag meeding, beland ons maklik in ongesonde siklusse van rus. Ons stry en span ons in teen God se doel vir ons lewens — en brand onsself uit. Hierdie 10-dag leesplan sal jou op geestelike weë lei wat jou sal help om jouself vir die Here ontvanklik te maak; om gemeenskap en intimiteit met Hom te ervaar — en ware rus vir jou siel te vind.

More

Baie dankie aan "Logos by Faithlife" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lexhampress.com/about?utm_source=readingplans&utm_medium=referral&utm_campaign=promo_youversionplans&utm_content=findingrestrhythmslife