Om Rus in die Lewensritmes te VindVoorbeeld
Die Ritme van Aanbidding
Die betekenisvolheid van ons aanbiddingsritme, is gewortel in die Een aan wie ons ons toegeneenthede bied. Vir ons lê die voordeel in die perspektief wat dit in ons lewens verskaf.
Ons vier die dinge wat in ons lewens saak maak, op vele maniere. Of dit 'n sportspan of ons toestelle is, besing ons die lof van daardie dinge wat 'n betekenisvolle invloed in ons lewens gehad het. Sommige mense probeer om 'n onderskeid te tref tussen hierdie dinge en die erkenning van God, maar dit waarop ons ons aanbidding rig, is 'n aanduiding van ons ware toegeneenthede. Wanneer ons die voltooide werk van Jesus onthou en die suiwer verwondering dat dit in ons lewens waar kan word, lei dit ons na 'n ingesteldheid van danksegging. Psalm 95:1-3 sê: "Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind, laat ons na Hom toe gaan met lof, laat ons Hom toejuig met lofsange, want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode."
Ek is nie juis 'n sanger nie. Die kere by die kerk waar daar geleentheid was om ons stemme in gemeenskaplike aanbidding te verhef, was ek gewoonlik 'n bietjie terughoudend. Ek was altyd daarvan bewus, maar het aanvanklik nie gewonder hoekom nie. Ek het die Here begin vra om dit in my hart duidelik te maak waarom ek met my ywer terughoudend was. Dit wil toe voorkom dat die bron van my probleem eintlik nietig was. Ek was my eie vyand. Ek het besef ek konsentreer soveel op my ervaring, my gemak en my sangstem, dat ek op daardie stadium die basiese uitgangspunt vergeet het. Die doel was om erkenning aan die glorieryke Koning te gee, Hom te verhoog en sy Naam te verhef. Te veel van myself in die prentjie, het my fokus op 'n ongesonde manier afgelei.
Deur my konsentrasie te verdiep en te verskuif na die doel van aanbidding, het my gehelp om my benadering tot aanbidding te suiwer en my begrip van die voordele daarvan aan te pas. Baie mense met wie ek gesels, het ook genoem dat hulle verveeld raak met die gewone maniere om God in hul kerke te ervaar. Dit is kommerwekkend, want ons weet God is nie 'n bron wie se goedheid en deelname kan of sal opdroog nie. Ons moet eerder na die oue soek as na wat nou van toepassing is. Ons kan te midde van ons aanbidding hierdie misterieuse en wonderbare verbintenis maak.
Om die Naam van Jesus te verhef, bloot vir wie Hy is en wat Hy gedoen het, gee aan my geweldige vrymoedigheid en sinchroniseer die strewes van my hart. Met 'n ingesteldheid van aanbidding, word ons gelei om die krag en heerlikheid van God te begryp — en help dan om ons angs en verlange uit die weg te ruim. Wanneer ons sy Naam verhef, openbaar dit ook die ander "name" of dinge waaraan ons ons toegeneentheid en aandag skenk. Soos ons afgode of ander gebiede van aanbidding openbaar word, kan ons hulle aantrekkingskrag of houvas op ons oorgee, sodat ons vry is om dit te ervaar wat God vir ons wil gee.
Dit is vir ons tog so maklik om 'n lewe te lei wat op onsself gefokus en gesentreer is, selfs binne ons kerkervaring. Ons laat toe dat alles oor onsself gaan — ons gemak, voorkeure en die boodskappe wat ons wegneem. Deur ons harte aan 'n ritme van aanbidding oor te gee, herposisioneer ons ons perspektief en lei dit ons om die eintlike rede vir alles te onthou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat om ons aandag meeding, beland ons maklik in ongesonde siklusse van rus. Ons stry en span ons in teen God se doel vir ons lewens — en brand onsself uit. Hierdie 10-dag leesplan sal jou op geestelike weë lei wat jou sal help om jouself vir die Here ontvanklik te maak; om gemeenskap en intimiteit met Hom te ervaar — en ware rus vir jou siel te vind.
More