Om Rus in die Lewensritmes te VindVoorbeeld

Finding Rest in the Rhythms of Life

DAG 5 VAN 10


Die Ritme van Vas 

Die aksie om te vas is nie iets openlik geestelik nie. Om te vas word eers voordelig wanneer die fokus en hoop daarvan duidelik en teenwoordig is. Wanneer ek my tot vas verbind, of myself van voedsel weerhou vir 'n spesifieke periode om van God te hoor, neem ek 'n doelbewuste tree om gemeenskap met Hom te ervaar. As my vastyd slegs 'n weerhouding van voedsel is, dink ek nie sal ek die pragtige voordele van hierdie ritme ervaar nie. Deur die onthouding van voedsel, wil ek die behoefte aan kos met die behoefte aan God vervang. Wanneer ek honger word, wil ek God vra om my gees met sy geestelike middele te voed, eerder as om my maag met kos te vul. Hierdeur ontvang ons helderheid van denke en doel omdat ons ons nie na ons eie middele vir bevrediging wend nie. Ons vra God om ons te bevredig op die maniere wat net Hy kan en weet hoe om te doen.

Vas of onthouding, kan ook help om te openbaar presies wat 'n diepe afhanklikheid en beheer iets oor ons optredes en houdings het. Daardie dinge waarvan ons verkies om onsself te onthou, is nie noodwendig verkeerd nie, maar weerhouding help ons om te sien tot watter mate ons iets toegelaat het om ons lewensgesprekke in te neem.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Finding Rest in the Rhythms of Life

Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat om ons aandag meeding, beland ons maklik in ongesonde siklusse van rus. Ons stry en span ons in teen God se doel vir ons lewens — en brand onsself uit. Hierdie 10-dag leesplan sal jou op geestelike weë lei wat jou sal help om jouself vir die Here ontvanklik te maak; om gemeenskap en intimiteit met Hom te ervaar — en ware rus vir jou siel te vind.

More

Baie dankie aan "Logos by Faithlife" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lexhampress.com/about?utm_source=readingplans&utm_medium=referral&utm_campaign=promo_youversionplans&utm_content=findingrestrhythmslife