Om Rus in die Lewensritmes te VindVoorbeeld

Finding Rest in the Rhythms of Life

DAG 9 VAN 10


Die Ritme van Viering

Hierdie ritme word nie dikwels bespreek of selfs erken as 'n betekenisvolle gebied wat aandag verg nie, tog sou ek beweer dit was 'n idee wat vir Jesus na aan die hart gelê het. Soos ons reeds bespreek het, was die rus in die skeppingsverhaal, soortgelyk aan 'n viering. Indien dit inderdaad waar is, is daar nie 'n beter manier om na die rus ná God se afgehandelde werk te verwys, as om maniere te soek om dit saam te vier nie. 

Regdeur die evangelies, is dit duidelik dat Jesus aan viering waarde geheg het. Gaan kyk in die eerste vier boeke van die Nuwe Testament hoe dikwels Jesus op pad na 'n maaltyd was, pas van 'n maaltyd gekom het, van 'n maaltyd (of partytjie) gepraat het of een bygewoon het. Ons kan die voltooide werk van Jesus in ons harte weerspieël wanneer ons van vreugde wil losbars in herinnering aan dit waaruit ons gered is. As gelowiges, behoort ons dit nie moeilik te vind om 'n ingesteldheid van viering in te neem nie. 

Baie van Jesus se volgelinge — in die verlede en die hede — is om die een of ander rede, nie juis vir 'n feestelike uitdrukking bekend nie. Waarom het ons beter bekend geword as mense wat stroef en afsydig is? Dalk is dit omdat ons nie die ritme van viering toepas nie — en onsself dus nie toelaat om te onthou waarvan ons gered is nie.

Jesus herinner mense dikwels om geloof soos 'n kindjie te hê. Daar is 'n mate van onskuld en reinheid in hierdie begrip, waarmee ons onsself kan vereenselwig. Iets wat ek dink kinders baie goed kan doen, maar die meeste volwassenes nie doen nie, is om te speel. Kinders weet hoe om lig van gees te wees en het die vermoë om selfs die klein dingetjies te geniet en na waarde te skat. Hulle val nie vas by die swaarkry en uitdagings in die wêreld nie, maar laat hulle rein harte vryelik toe om fees te vier. Hulle het nie 'n spesiale geleentheid nodig om te speel of partytjie te hou nie. Ek glo, te danke aan wat Hy vir ons gedoen het, is dit iets wat Jesus wil hê ons almal moet ervaar. Hy verlang dat ons soos in Kolossense 2:7b staan, "met dankbaarheid vervul" sal wees. Hy wil ook hê ons moet "die lewe kan hê, en dit in oorvloed" (Johannes 10:10b). Hy begeer ook dat ons "blydskap volkome kan wees" (Johannes 15:11b; 16:24b). Hy wil dus hê ons moet vry wees om fees te vier en te speel.

Wanneer ons die ritme van viering kan beoefen, kan ons ander ook in die verhaal van God innooi, asook die rus wat Hy in ons lewens ingebring het. Wanneer ek my vriende en bure vra om saam met my gesin by ons aan tafel te sit en gesels, skep ek die moontlikheid dat ek aan hulle die rede gee vir die hoop wat ons in Jesus het. In wese is ons, as Jesus se volgelinge, die ontvangers van Christus se rus en behoort ons die mense te wees wat die lekkerste partytjies en feesvieringe hou omdat ons waarlik iets het om te vier!

Deur die ritme van viering te beoefen, verkry ons perspektief en herstel. Selfs wanneer ons die klein dingetjies vier, vermeerder ons dankbaarheid en ons erkenning van God se seën in ons lewens, wat deurlopend verhoog word. Van die wonderlikste vieringe kan soms in die skynbaar alledaagse lewensterreine ervaar word. Deur ander te vier, help ons hulle om geliefd en gewaardeer te voel, terwyl ons herinner word dat die lewe nie net om onsself draai nie. 

Om ander te bemoedig en baie lief te hê, is 'n gebruik wat ontwikkel vanuit die geborgenheid wat in die voltooide werk van Jesus gevind word.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Finding Rest in the Rhythms of Life

Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat om ons aandag meeding, beland ons maklik in ongesonde siklusse van rus. Ons stry en span ons in teen God se doel vir ons lewens — en brand onsself uit. Hierdie 10-dag leesplan sal jou op geestelike weë lei wat jou sal help om jouself vir die Here ontvanklik te maak; om gemeenskap en intimiteit met Hom te ervaar — en ware rus vir jou siel te vind.

More

Baie dankie aan "Logos by Faithlife" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lexhampress.com/about?utm_source=readingplans&utm_medium=referral&utm_campaign=promo_youversionplans&utm_content=findingrestrhythmslife