Om Rus in die Lewensritmes te VindVoorbeeld
Die Ritme om te Dien
Een van die uitstaande maniere waarop ons herinner kan word — en die rus kan ervaar wat in Christus te vinde is — is deur te dien. Ons leer dat ons verlos en herskep word deur die werk van Christus. Op ons beurt, is ons lewensmissie op aarde om mense in sy verhaal in te nooi. Henri Nouwen sê die volgende: “Ons grootste vervulling lê daarin om onsself aan ander te gee." [7] Deur die genade van God, word ons siele verkwik wanneer ons ander mense dien. Dit is een van daardie pragtige, onverstaanbare beginsels van die koninkryk, waarin ons verfris word terwyl ander ontvang.
Ek hou daarvan om na mense se verhale te luister wat Christus se liefde op 'n heeltemal ander manier ervaar het; wanneer hulle vir die eerste keer vir ander tot diens was. Ek het eenkeer met iemand gesels wat by 'n organisasie aangemeld het wat onder studente met gestremdhede werk. Sy het vertel van haar aanvanklike huiwering en selfs weerstand toe sy haar daartoe verbind het, maar tog besluit om haar woord gestand te doen. Na die eerste dag het die wêreld vir haar verander en was sy nooit weer dieselfde nie. Sy het begin sien watter groot verskil haar klein, eenvoudige dienswerk in die studente se lewens gemaak het. Sy het gesien, deur die fokus van haarself af weg te neem en ander te dien, haar gehelp het om die liefde van Christus met nuwe oë te sien.
Daar is ontelbare maniere hoe ons ander kan dien. Of dit is om jou dienste vrywillig by 'n seuns- en meisiesklub aan te bied, om tyd aan 'n plaaslike ouetehuis af te staan, of om by jou plaaslike kerk uit te help; om te dien kan 'n bewustheid van ander in ons wakker maak en ons help om verby onsself en ons eie begeertes vir geluk en vervulling te kyk.
Een van die absurde dinge wat ons in die Bybel sien afspeel, kom in Johannes 13 voor waar die glorieryke Koning op sy knieë neersak en die voete van sy volgelinge was. Die krag van hierdie daad kan nie oorbeklemtoon word nie. In hierdie geval wys Jesus dat alhoewel Hy al die mag het, Hy kies om dit te benut om ander bo Homself te verhef. Jesus het self gesê dat Hy nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien. Hy is deur die Heilige Gees gelei om ander te dien. Ons het ook dieselfde krag nodig om ander te help. Dit is ons begeerte om die opdrag te vervul om ons naaste lief te hê soos onsself. Dit help ons om te besef dat ons dit glad nie sonder die leiding van die Heilige Gees kan doen nie. Ons kan rus in die wete dat Hy ons onderhou.
[7] Henri Nouwen, "Life of the Beloved: Spiritual Living in a Secular World" (New York: Crossroad Publishing Company) 2002.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat om ons aandag meeding, beland ons maklik in ongesonde siklusse van rus. Ons stry en span ons in teen God se doel vir ons lewens — en brand onsself uit. Hierdie 10-dag leesplan sal jou op geestelike weë lei wat jou sal help om jouself vir die Here ontvanklik te maak; om gemeenskap en intimiteit met Hom te ervaar — en ware rus vir jou siel te vind.
More