Om Rus in die Lewensritmes te VindVoorbeeld
Die Ritme van Gebed
Wanneer ek hoor mense vra: "Wat is gebed?" antwoord baie dat dit beteken om met God te praat. Die meeste mense wat ek al ondervra het, sê ook dat hulle die meeste bid wanneer hulle deur 'n tydperk van nood gaan. Dit sal ook my twee standaard antwoorde wees.
Gedurende my verkenning van die ritme van gebed, wys God vir my egter die tekortkominge van dié perspektiewe in my lewe. Natuurlik is dit te verstane om gedurende 'n tydperk van nood te bid. Indien ek egter toelaat dat dit my enigste gebruik en toepassing van gebed is, dan ontneem ek myself van al die fantastiese voordele en seëninge van 'n gebedslewe. Wanneer ek gebed beskou as om met God te praat, weet ek dit het bybetekenisse van my pleidooie of versoeke teenoor Hom. Daar is eerlikwaar nie baie van my wat luister om van hom te hoor nie. Wanneer ek deur gebed met God gesels, moet ek 'n ingesteldheid inneem om onderrig te word. As ek net tot God bid wanneer ek in 'n krisis is, kan ek die pragtige voordele van gemeenskap met Hom, te midde van vrede, misloop.
Gebed is nie net 'n verdedigingsmeganisme teen die probleme en beproewings van die lewe nie. Gebed word die manier waardeur ons rigting kan hou en doelgerig vorentoe beweeg. Terwyl ons probeer om die rus wat ons in Christus ontdek het uit te leef, is dit deur gebed wat ons 'n gesprek sal voer met die Een wat ons deur ons lewens lei. Ons moet 'n volk van gebed bly. As ons as Jesus se volgelinge toelaat dat ons behoefte aan gebed kwyn, sal ons op ons eie brose en gevalle natuur moet steun, eerder as om op die enorme en wonderwerkende krag van God te steun.
In Spreuke 3:5-8 staan daar: "Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam." Ons het die Here se wysheid nodig as ons wil leef met doelgerigtheid en helderheid uit die rus wat ons in Hom gevind het. Wanneer ons ons harte aan gebed toewy, kan ons vertrou dat God ons met elke tree sal lei.
Ons het al gesien hoe hierdie soort onwrikbare en hoopvolle gebed tot herlewing lei. Gedurende die 1800's, was 'n man met die naam E. M. Bounds, soekend na God vir 'n strategie om die duisternis in sy stad te verbreek. Sy aanvanklike idee was om weeklikse gebedsessies te begin, wat 'n hele paar ure aangehou het. God het gedurende hierdie tydperk wonderlike werk in Franklin, Tennessee, gedoen. Bounds skryf oor hierdie onbeskryflike herlewingstydperk: "Ons gebed moet aangevuur en nagestreef word met ywer wat nooit opraak nie, 'n volharding [wat] nie ontken kan word nie, en 'n dapperheid wat nooit misluk nie.”[2]
Soos daar in Spreuke 3:5-8 staan, sal vertroue in die Here se leiding en krag genesing en verkwikking bring. Daar is baie mense met geestelike en emosionele pyn in hul lewens wat herstel nodig het. Wanneer ons bid, het ons die ervaring om geestelike dinge in ons midde te sien gebeur. Dit laat groei die geloof van ons volk en lei ons om sy troon met vrymoedigheid te nader.
In die Bybel is 'n verhaal van 'n man met die naam Jakob, wat in 'n fisieke worsteling met God was. (Afgesien van enige konteks, weet ek hoe verspot dit klink.) Een van die dinge wat ons in hierdie verhaal sien, is dat Jakob vir die Een met wie hy stoei sê: "Ek sal jou net los as jy my seën" (Genesis 32:26b). Ek dink gereeld daaraan dat in ons begeerte om biddende te wees, bid ons een of twee keer oppervlakkige en halfhartige gebede en ons kla omdat ons geen resultate op ons "moeite" sien nie.
Ek probeer beslis nie sê watter soort inspanning aan jou 'n antwoord op gebed sal gee nie, maar ek neem kennis van die geloofwaardigheid en vasberadenheid in hierdie verhaal, wat geopenbaar word in die hoop om God se stem te hoor. Dit is 'n voorbeeld om nie op te gee voordat jy God se stem hoor nie; om nie van Hom af te wyk as die enigste bron waar jy 'n antwoord gaan kry nie. Om die ritme van gebed te beoefen, sal ons harte instel om God te vertrou as die enigste bron van krag vir ons gebede, wat ons begeerte verminder om dinge volgens ons eie tydlyn te sien gebeur.
Skrifgedeelte: Matteus 6:5-15
E. M. Bounds, "The Complete Works of E. M. Bounds on Prayer: Experience the Wonders of God through Prayer" (Grand Rapids: Baker Books), 2004.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat om ons aandag meeding, beland ons maklik in ongesonde siklusse van rus. Ons stry en span ons in teen God se doel vir ons lewens — en brand onsself uit. Hierdie 10-dag leesplan sal jou op geestelike weë lei wat jou sal help om jouself vir die Here ontvanklik te maak; om gemeenskap en intimiteit met Hom te ervaar — en ware rus vir jou siel te vind.
More