StormbestandVoorbeeld

StormProof

DAG 12 VAN 21

Iets omtrent die boek van Job pla my. Ek is nie soseer bang daarvoor nie, maar ek is ook nie baie gaande daaroor nie. Om die waarheid te sê, ek is nie seker of ek wil weet hoekom die Satan vir Job geteiken het nie. Ek is nie seker of ek wil weet hoekom slegte goed met goeie mense gebeur nie. 

Ek wou hierdie verhaal oor die storm begin het deur die feit te beklemtoon dat die Bybel jou en Job as onskuldig beskryf. Met die wete dat die Heilige Gees, wat die outeur van alle waarheid is, dié spesifieke woord, "onskuldig" gekies het om beide Job en jou te beskryf, laat my glo dat onskuldige mense nie deur die aanval van die vyand onaangeraak gelaat word nie. 

In beide die Ou- en Nuwe Testamente, word die Satan beskryf as iemand wat "rondloop". Die Satan loop nog steeds op die aarde rond, maar hy het nie meer dieselfde mag as wat in die boek van Job uitgebeeld word nie, want Golgota het alles vir ewig verander. En jy, my vriend, het die gesag en mag van die hemel gekry om hom te oorwin!

God stel aan jou, as sy kind, sy glorieryke mag beskikbaar sodat jy in staat sal wees om al die storms wat oor jou pad kom te deurstaan, en selfs kan beveel dat die vrede van Christus te midde van die storm sal heers en regeer. 

Golgota het die Satan van sy mag beroof en hom net met bedrog en druk agtergelaat. Deur die waarheid van die Woord van God en die leiding van die Heilige Gees, kan ons die vyand se bedrog onderskei en dit vermy. Ons kan ook sy druk oorwin deur die gesag en mag van Christus. Hy gaan natuurlik probeer om van tyd tot tyd jou lewe met 'n magspel omver te werp, maar hy bluf net — dis al waartoe hy in staat is. 

Jy het die Woord van God en die inwoning van die Heilige Gees om teen die bedrog van die vyand te veg! Die storm het nie die mag nie — jy het die mag! 

Lees die Bybel: Job 1:1-12 en 1 Petrus 5:8 

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

StormProof

Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!

More

Ons wil graag "Carol McLeod Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.carolmcleodministries.com.