StormbestandVoorbeeld

StormProof

DAG 16 VAN 21

In die land Us was daar 'n man met die naam Job. Hy het onberispelik geleef en het God gedien en die kwaad vermy. Die Satan het besluit om die man aan te val en God het hom toestemming gegee om dit te doen. In een dag het Job alles verloor waarvoor hy sy lewe lank gewerk het. Ramp na ramp het hierdie onskuldige man hewig getref. 

Wat die Satan egter nie in berekening gehou het nie, was dat al was hierdie storm die ergste belewenis in Job se lewe, sou dit die begin van sy beste belewenis wees! Nadat Job se dwase vriende hom met woorde aangeval het, hom beskuldig het dat hy voor God gesondig het en dit die oorsaak van sy probleme was, het Job hulle daaraan herinner dat God nog nie klaar in sy lewe gewerk het nie. Job se einde sou nie 'n verhaal wees van iemand wat in pyn sit en as oor sy liggaam strooi nie. Die verhale van God se mense eindig nooit op die ashoop nie, maar altyd met suiwer goud.

Te midde van Job se menslike pyn en sy vriende se hooghartige houding, het die Here gepraat! Die God van die heelal het Job se lewe dopgehou en na sy gesprekke geluister. Aan die einde van hierdie belewenis in 'n tragiese storm, wil die Here hê dat Job sy gesag en algehele beheer oor die wêreld wat Hy gemaak het, moet onthou. God wil hê dat Job in verwondering moet wees oor die feit dat hy uitgenooi is om saam met sy Skepper deel te wees van so 'n wonderlike wêreld! 

Toe gebeur 'n wonderwerk! Alles wat van Job af weggeneem is, is tweevoudig vervang. Job het 'n dubbele seën ontvang omdat hy die Here gehoorsaam het en omdat hy vir die mense gebid het wat hom onnodig en onverskillig seergemaak het.

Indien jy die "Job-beginsel" kan toepas om te aanbid al treur jy, sal die Here jou lewe oorvloedig seën. Indien jy bid vir diegene wat jou seermaak en selfs die persone seën wat jou vervolg, sal die Here vir jou sorg! Hy sal nie net jou reputasie en verlies herstel nie, maar Hy sal ook alles wat jy het vermeerder! God, ons Skepper en Vader, vind groot vreugde daarin om sy kinders 'n dubbele mate van guns, eer en erfenis te gee. 

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

StormProof

Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!

More

Ons wil graag "Carol McLeod Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.carolmcleodministries.com.