StormbestandVoorbeeld
Ons weet dat die dissipels getuies was van baie wonderwerke wat Jesus gedoen het, en tog was hulle vol vrees in hierdie spesifieke storm. Ons weet ook dat ten minste vier van hierdie jongmanne ervare vissermanne was en definitief al rukwinde en harde reën in hulle lewens beleef het; nogtans was hulle bang, want hulle was onbewus dat Jesus die vermoë het om selfs hierdie situasie in hulle lewens te beheer.
Dit is 'n kragtige herinnering vir ons almal wat in frustrerende omstandighede beland; dat Jesus gewillig is om ons te help as ons Hom vra. Ons hoef nooit sy krag en genade te onderskat nie, selfs nie gedurende die mees onstabiele dae in ons lewens nie. Jy glo dalk (verkeerdelik) dat jou lewe deur die gevaar en wreedheid van 'n onverwagte storm uitmekaar geruk gaan word. In plaas daarvan om te vrees, roep uit na God en vra Hom om jou te red!
Wanneer jy te midde van jou hewige storm na Jesus uitroep, sal Hy beslis kom om jou te red omdat Hy vir jou omgee. Hy hou daarvan om 'n beangste stem na Hom te hoor roep om hulp! Hy was aan die slaap in die skuit terwyl die storm dit heen-en-weer geruk het, omdat Hy vrede gehad het; dit was nie omdat Hy nie vir sy dissipels omgegee het nie. Al wat hulle moes doen was om die Naam van die Here aan te roep — en dit is al wat jy ook hoef te doen.
Wanneer jy jouself te midde van 'n woeste, hewige storm bevind, onthou dat Jesus vol vrede is. Hy is word nie onkant getrap deur die storm wat dreig om jou te verswelg nie. Hy is ten volle in beheer terwyl jy in die storm is. As Jesus rustig is, behoort jy ook te wees; as Jesus deur 'n storm kan slaap, behoort jy dit ook te kan doen. Jou roeping in die lewe is om soos Jesus te wees — selfs te midde van ongunstige en wreedaardige toestande.
Jesus hou jou lewe in stand deur "die krag van sy woord"! Moenie dieselfde fout as die dissipels maak en in die storm twyfel aan dinge wat jy glo as dit goed gaan nie. In God se wil vir jou lewe is daar geen situasie of storm waar sy teenwoordigheid nie bereik kan word of waar sy woorde nie 'n merkwaardige verskil sal maak nie!
Aangaande hierdie leesplan
Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!
More