StormbestandVoorbeeld
Die vermoë wat jy besit om iets in die lewe te vermag, hang van jou grondslag af. Jou uithouvermoë om die storms van die lewe te verduur hang eweneens van daardie grondslag af.
Die enigste manier hoe jy die aanslae van die lewe kan deurstaan hang nie net daarvan af om die woorde van Jesus te hoor nie — insluitend al die waarhede wat in die Skrif gevind word — jy moet egter daarop reageer. Om te luister is net 'n klein deeltjie van die Skrynwerker se beroep op jou; om gehoorsaam te wees is die belangrikste aspek.
As jy net die Bybel lees en nooit die beginsels daarin deel van jou lewe maak nie, sal die moeilike tye in jou lewe begin kop uitsteek en sal jy nie staande kan bly nie. As jy net na preke luister wat op die Woord van God gebaseer is en nie die beginsels daarvan in jou eie lewe toepas nie, sal jou lewe met die eerste aanslag in duie stort.
Indien jy egter die soort lewe wil lei wat sal staande bly wanneer siekte, finansiële druk, gesinsuitdagings, verwerping en mislukking toeslaan, moet jy nie net die Bybel lees nie, maar ook "doen" wat daarin geskryf staan. Jy moet nie net die Woord van God hoor nie, jy moet dit gehoorsaam. Jy moet nie net kerk toe gaan nie, jy moet die kerk wees. Dit beteken jy moet toelaat dat die Heilige Gees in jou woon en sy genade en krag in jou lewe laat werk.
Die woorde en hart van Jesus eggo deur die eeue wanneer Hy ons almal aanmoedig om ons lewens bestand te maak teen die lewenstorms. As jy wil sterk staan ten spyte van die aanslae van omstandighede, orkane in situasies rukwinde in verhoudinge, sal jy na die woorde van Jesus luister en dan daarop reageer. Wanneer jy 'n lewe op daardie grondslag van geestelike raad bou, kan jy beslis weet dat jou fondament nie sal skuif nie, ongeag die dwarswinde wat na jou kant toe waai.
Aangaande hierdie leesplan
Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!
More