StormbestandVoorbeeld

StormProof

DAG 15 VAN 21

Elkeen van ons moet kies wat presies ons tyd en aandag in beslag gaan neem wanneer ons deur 'n storm worstel. Die keuse wat jy uitoefen tydens 'n stormagtige tyd in jou lewe, het die vermoë om jou lewe te verwoes en daarom is dit een van die belangrikste besluite wat jy ooit sal neem. As jy tydens die storm besluit om te aanbid eerder as om iemand te blameer, kan jou lewe 'n nog groter oorwinning in die tyd na die storm wees. 

Job is nie die enigste karakter in die Bybel wat hierdie besluit moes neem nie. Abraham moes kies hoe hy vir God se belofte vir 'n seun sou wag. Hanna moes kies hoe sy gaan wag in die jare van haar onvrugbaarheid. Dawid moes kies hoe hy gaan wag toe hy alleen en depressief was. Ester moes kies hoe om te wag vir God se wonderlike ingryping om die lewens van sy volk te spaar. Paulus en Silas moes kies hoe hulle gaan wag terwyl hulle in die Romeinse tronk was. Elkeen van hierdie Bybelse helde het iets in gemeen; dis nie die feit dat hulle 'n storm moes trotseer nie, maar dis hulle standvastige keuse om te aanbid terwyl hulle dit deurgemaak het. 

Die woorde wat jy uiter wanneer jy 'n storm trotseer, onthul die mate van intimiteit wat jy met God het. Die verklarings wat jy maak terwyl die stormwinde waai, onthul wat jy weet van wie Hy werklik is. 

Job se keuse om te aanbid ten spyte van groepsdruk, pyn, finansiële nederlaag en ten spyte van 'n toekoms wat van hom gesteel is, was 'n ongewone en vasbeslote keuse. 'n Keuse om te aanbid, ongeag jou omstandighede, is nooit 'n maklike en voor-die-hand-liggende keuse nie; dit verg baie vasberadenheid en selfs meer dissipline. Aanbidding is 'n eienaardige besluit — maar 'n heilige een — wanneer jy net verwoesting in jou lewe sien. Aanbidding is die enigste sinvolle besluit om jou oë op die Here gevestig te hou en nie op jou omstandighede nie. 

Ek raai jou aan om aan te hou om die Here te aanbid al verstaan jy Hom nie en al is die mense om jou negatief. Ek beveel jou sterk aan om al jou hoop in die goeie Vader te plaas, ongeag die uitsprake van ander rakende jou situasie. 

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

StormProof

Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!

More

Ons wil graag "Carol McLeod Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.carolmcleodministries.com.