StormbestandVoorbeeld

StormProof

DAG 20 VAN 21

As jy as 'n "wyse bouer" in geestelike kringe bekend wil staan, sal jy geestelike beginsels in jou lewe toepas — insluitende die Bybelse verhale oor storms. Terwyl jy bou sal jy verseker die regte besluite neem as 'n dissipel van Jesus Christus wat vas staan op die woorde en hart van die hemelse Vader. Moenie besluite neem wat op gevoelens gebaseer is of op die menings van die hedendaagse kultuur nie. 'n Wyse bouer kies boustene wat die fondament sal versterk, nie verswak nie. 

Die boustene van jou lewe behoort die volgende Bybelse beginsels in te sluit: 

•   Wees 'n Christen wat te alle tye vrug dra, self tydens droogtes en veral tydens die storms van die lewe.

•   Bid sonder ophou. Solank jy asemhaal, behou 'n passievolle en aktiewe gebedslewe. Moet nooit ophou bid nie!

•   Wees te alle tye vrygewig.

•   Weier om jou te bekommer, al is daar hewige storms in jou lewe.

•   Deel jou geloof met ander en getuig hoe God jou beskerm het, selfs in die ergste storms van die lewe.

•   Vergewe die mense wat jou kwaad aangedoen het.

Nadat Jesus die bloudruk voorgehou het hoe 'n wyse persoon 'n lewe bou, het Hy ook genoem wat die uitkoms is van iemand wat slegte bouwerk in sy lewe doen. As jy elke dag Jesus se woorde hoor wanneer jy die Bybel lees, maar weier om daardie woorde toe te laat om jou hart, keuses en gewoontes te verander, sal jou lewe op gevaarlike terrein wees. 

Die filosofieë van die mensdom is soos sand waarop jy bou. Wanneer die storms kom — en hulle sal kom — sal jou lewe uitmekaar val! Aardse stelsels, politieke oortuigings, vermaak en tydelike plesier, het geen krag om jou lewe te beskerm as 'n storm in jou rigting op pad is nie. 

Jesus het gekom met 'n boodskap wat nuut en tog gesaghebbend was; nuut maar wys; eenvoudig tog werd om na te volg. Die dissipels en die skare wat op daardie spesifieke dag bymekaar gekom het, was pas onderrig in 'n waarheid wat hulle daaglikse lewe kon verander. Hulle moes nie net na Jesus se woorde geluister het as 'n interessante lesing nie — hulle moes hulle lewens daarop baseer. As gevolg van hierdie een eenvoudige, tog insiggewende onderrig, kon hulle lewens nou teen die storm bestand wees. 

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

StormProof

Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!

More

Ons wil graag "Carol McLeod Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.carolmcleodministries.com.