StormbestandVoorbeeld

StormProof

DAG 13 VAN 21

God het Job se karakter geken. Hy was intiem bekend met sy dienskneg en al sy weë — net soos Hy met jou en my weë bekend is. God het geweet dat Job onberispelik sou bly ongeag wat Satan aan hom doen. 

Job se storm het die rigting van sy hele lewe verander. Dit het ook van daardie tyd af aan die perspektief van God se mense oor lyding verander. Hierdie toets het ons almal geleer hoe om lyding goed te hanteer en hoe om te verwag dat die ontferming van God die laaste hoofstuk van al ons verhale skryf.

Ons eerste reaksie na die belewenis van 'n kategorie vyf storm in ons lewens, behoort te wees om op ons knieë te gaan en God te aanbid. 

As ons Job se lewe verder bestudeer, sal ons agterkom dat daar dae was toe hy dinge bevraagteken het en oor dinge gewonder het. Ons sal sien dat Job gehuil het en gerou het; hy het aan 'n gebroke hart gely wat deur uitbarstings van rou geteister was. Ons verstaan daardie reaksie. Dit is dikwels egter moeilik vir ons om sy eerste reaksie van aanbidding te verstaan. 

Wanneer jou lewe deur wrede omstandighede ontwrig word, wees doelgerig om in die geregtigheid van Christus te leef, val op jou knieë en loof die Here! Die beste manier om na die skade te kyk wat die storm veroorsaak het, is om op jou knieë te gaan. Aanbidding is verhewe bo begrip; jy hoef nie te "verstaan" wat in jou lewe aan die gebeur is om die Here te aanbid nie. 

Jy kan huil — maar aanbid ook, asseblief! Jy kan uitroep met menslike pyn — maar roep ook uit na die Here! Ek kan jou verseker dat God elke uitroep van menslike hartseer wat jy uiter sal meng met elke loflied wat jy offer en Hy sal 'n glorieryke en ewige simfonie daarvan maak. Wanneer jy die Here in die nadraai van die storm loof en op jou knieë die perspektief kry, sal jy vind dat die genesing begin het.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

StormProof

Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!

More

Ons wil graag "Carol McLeod Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.carolmcleodministries.com.