StormbestandVoorbeeld
In elke storm en in elke ontstellende omgewing van jou lewe is God se grootste begeerte dat jy na Hom sal uitroep. Wanneer jy jou in 'n plek van verskrikking en eensame opsluiting bevind, wil God jou aandag hê.
Jona was een soutwater teug van die dood af, toe God hom gered het. Die branders het oor hom gespoel en hy was besig om na die diepste, donkerste bodem van die see te sink. Daar was nie 'n reddingsboot op pad of 'n veiligheidsnet in sig nie — maar God het vanuit die hemel uitgereik, Jona opgetel en hom veilig in die maag van die groot vis gesit!
Jona se ervaring op die drumpel van die dood het veroorsaak dat hy 'n loflied gesing het al was hy in die spysverteringstelsel van die enorme vis. Omdat Jona die Here aanbid het, het die Here met die vis gepraat en gesê om van Jona ontslae te raak! Die massiewe seemonster het Jona nie net uitgespoeg nie, maar dit op droë grond gedoen.
Toe die Here Jona oortuig het om te luister en gehoorsaam te wees aan sy stem, het dit nie net oor Jona gehandel nie. Dit was oor God se hart vir diegene wat in sonde verlore was. Dieselfde geld vir jou. Wanneer God wil hê dat jy na sy stem moet luister en sy opdragte gehoorsaam, handel dit nie net oor jou nie, maar ook oor die mense in jou wêreld wat desperaat na 'n Redder smag.
Moenie jou Nineve ignoreer nie maar maak vandag 'n nuwe verbintenis om jou roeping en lot te aanvaar. Net soos Jona is jy aangesê om die Woord van God met jou groep mense te deel deur dit wat jy doen en sê.
Die mense van Nineve het berou getoon en die Here het hulle gespaar! God het 'n hardkoppige man, Jona, gebruik om dit reg te kry. Dit is gerusstellend om te weet dat God nog steeds mense gebruik wat Hom verwerp en wat probeer om van Hom af weg te hardloop. God gebruik gebroke, gewone mense vir sy Goddelike doeleindes.
Aangaande hierdie leesplan
Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!
More