StormbestandVoorbeeld
Vanuit sy ryke wysheid, sy volmaakte heiligheid en sy tere deernis, het God met die profeet Jona gepraat. Sy woorde was baie presies. Hy het Jona beveel om na die stad Nineve te gaan en vir die mense oor geregtigheid te preek. Jona het blykbaar nie oor sy antwoord vir God gedink of gebid nie — hy het ondubbelsinnig en uitdagend "Nee!" gesê. Toe het hy so vinnig en ver weggehardloop as wat hy kon!
Ek vind dit interessant dat God vir Jona 'n opdrag gegee het wat Hy geweet het die profeet sou ignoreer. God hou aan om mense te roep, al weet Hy dat hulle van sy stem en doel gaan weghardloop. Hy hou aan omdat Hy 'n liefdevolle agtervolger is en Hy gooi nie sy hande in die lug uit frustrasie oor een van sy geliefde kinders nie. Wanneer ons weier om gehoorsaam te wees, wag God en dan praat Hy weer met ons. Wanneer ons 'n ander pad volg, is Hy geduldig, maar Hy sal nooit ophou om sy volgelinge te agtervolg nie.
Dikwels kan die prys wat ons betaal as ons van die stem en teenwoordigheid van die Here probeer weghardloop as 'n "self-opgelegde storm" beskryf word. In ons wantroue in die Vader en in ons rebellie kan ons in ons dwaasheid aaklige omstandighede en ondraaglike gebeure oor onsself bring.
Dit is baie duidelik dat, wanneer jy sondig en dan besluit om van God af weg te hardloop, die mense om jou ook die prys sal betaal. Wanneer jy vrees in plaas van geloof kies, en jouself eerder as opoffering, kan die branders van jou storm jou geliefdes met 'n geweldige slag tref.
Toe Jona uiteindelik verantwoordelikheid vir sy eie sonde geneem en berou getoon het voor die mense wat nie die Here geken het nie, het dit hulle lewens vir ewig verander. God het vir Jona gekies om 'n verskil te maak en elke woord wat hy gepreek het en elke keuse wat hy uitgeoefen het, het baie saak gemaak vir die wêreld om hom.
Die wêreld wag vir 'n man of 'n vrou wat bereid is om die regte besluit te neem en die regte ding te doen. Jy het krag in elke storm! Jy het die krag van berou en die krag van eerlikheid. Onthou, die krag van 'n storm verminder altyd wanneer 'n persoon eenvoudig sê: "Ek was verkeerd. Ek is jammer."
Aangaande hierdie leesplan
Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!
More