Stel Ander EersteVoorbeeld

God se liefde vergewe.
Wanneer iemand jou seermaak en jy dan kies om te sondig of om met daardie persoon te baklei, maak dit jou hart siek. As jy nie vir God om vergifnis vra nie en jy kies ook om nie ander mense te vergewe nie, word jy vasgevang in daar siekte en kan jy glad nie God se liefde uitleef nie. Dit is beslis nie wat God vir jou wil hê nie!
Speel Skattejag om jou te help om Kolossense 3:13 te onthou en te verstaan, kyk ook na die Vers Beweging-video sodat jy dit met jou vriende kan deel!
Skattejag
- Kry 'n stuk papier, 'n skêr en iets om mee te skryf.
- Skryf Kolossense 3:13 op die papier en los groot spasies tussen elke woord.
- Knip die woorde los van mekaar en steek hulle oral in die kamer weg.
- Vra jou gesinslede of vriende om die woorde te soek en hulle weer in die regte volgorde bymekaar te sit.
Vertel vir Iemand: Wat is die rede volgens Kolossense 3:13, hoekom jy ander moet vergewe?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Liefde is wie God is. Liefde is hoekom Jesus aarde toe gekom het. Om God se liefde egter net te ken is nie genoeg nie. Wys God se liefde deur ander eerste te stel! Vir Ouers: Jou kinders sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk en vrae hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Die leesplan sluit verskeie speletjies in om met vers-memorisering te help. Jy mag dalk toesig wil hou oor gebruik van die materiaal.
More