Stel Ander EersteVoorbeeld

Put Others First

DAG 4 VAN 8

God se liefde is nie selfsugtig nie.

Dit is maklik om ander eerste te stel as jy in 'n goeie bui is of as jy alles het wat jy nodig het. Hoe voel dit egter om nederig te wees en ander eerste te stel wanneer jy moeg, bang of honger is? Dit is baie moeiliker om dan God se liefde uit te leef, omdat jy dan eerste aan jou eie behoeftes wil dink. Wanneer jy jouself vang dat jy eerste aan jouself dink, bid dat God jou sal versterk met sy liefde en dat jy nederig genoeg sal wees om dan eerste aan ander te dink.

Teken 'n Stel Ander Eerste Prent om jou te help om Filippense 2:3 te onthou, en kyk na die Vers Beweging-video sodat jy dit met jou vriende kan deel!

Stel Ander Eerste Prent

  1. Kry 'n stuk papier en iets om mee te teken.
  2. Skryf die hele vers uit Filippense 2:3 op die papier.
  3. Dink na oor die vers.
  4. Teken of skryf maniere hoe jy ander eerste kan plaas.
  5. Deel jou prent met vriende en jou gesin.

 

Vertel vir Iemand: Filippense 2:3 vra jou om ander mense as beter as jouself te ag. Wat kan jy doen om dit reg te kry?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Put Others First

Liefde is wie God is. Liefde is hoekom Jesus aarde toe gekom het. Om God se liefde egter net te ken is nie genoeg nie. Wys God se liefde deur ander eerste te stel! Vir Ouers: Jou kinders sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk en vrae hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Die leesplan sluit verskeie speletjies in om met vers-memorisering te help. Jy mag dalk toesig wil hou oor gebruik van die materiaal.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church