Stel Ander EersteVoorbeeld

Put Others First

DAG 2 VAN 8

God se liefde genees jou hart.

Sonde is nie 'n grap nie. Dit maak jou regtig seer. Wanneer sonde jou hart seermaak, is dit asof jou hart uitmekaar gebreek is. Jy kan nie die stukke van jou hart weer aanmekaar sit nie, selfs al doen jy 'n klomp goeie dinge, of probeer keer jy dat mense jou nie seermaak nie of probeer jy net om van die slegte goed te vergeet. Jesus is die enigste Een wat jou hart kan genees. Hy bring al die stukke van jou hart bymekaar en maak dit weer splinternuut.

Speel Ontbrekende Woorde om jou te help om 1 Petrus 2:24 te onthou, en kyk na die Vers Beweging-video sodat jy dit met jou vriende kan deel!

Ontbrekende Woorde

  1. Lees 1 Petrus 2:24 hardop vir jou vriende en gesin.
  2. Sê weer die vers hardop maar los een woord uit.
  3. Die eerste persoon wat weet wat die ontbrekende woord is, is die wenner.
  4. Herhaal die proses met 'n ander persoon wat die vers hardop lees.

 

Vertel vir Iemand: Wat dink jy word bedoel in 1 Petrus 2:24 waar dit sê dat Jesus se wonde ons genees?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Put Others First

Liefde is wie God is. Liefde is hoekom Jesus aarde toe gekom het. Om God se liefde egter net te ken is nie genoeg nie. Wys God se liefde deur ander eerste te stel! Vir Ouers: Jou kinders sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk en vrae hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Die leesplan sluit verskeie speletjies in om met vers-memorisering te help. Jy mag dalk toesig wil hou oor gebruik van die materiaal.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church