Stel Ander EersteVoorbeeld
God se liefde soek na vrede.
God het ons gemaak om saam te staan en om mekaar te help sodat ons sy liefde so kan uitleef! Soms word ons egter vasgevang in rusies of bakleiery. Wat kan jy dan doen? Laat die vrede van God se Heilige Gees toe om jou vas te bind aan die mense om jou. Met sy hulp kan jy die grootste rusies en probleme oplos terwyl jy in vrede met ander om jou lewe.
Speel Vorentoe en Agtertoe om Efesiërs 4:3 te onthou, kyk na die Vers Beweging-video sodat jy dit met jou vriende kan deel!
Vorentoe en Agtertoe
- Lees Efesiërs 4:3 hardop saam met 'n maat.
- Sê die eerste woord van die vers op.
- Laat jou maat die volgende woord sê.
- Herhaal terwyl julle beurte met elke woord maak totdat julle die hele vers opgesê het.
- Kyk hoe vinnig jy en jou maat die vers saam kan opsê!
Vertel vir Iemand: Wat dink jy volgens Efesiërs 4:3, beteken dit om in vrede aan mekaar verbind te wees?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Liefde is wie God is. Liefde is hoekom Jesus aarde toe gekom het. Om God se liefde egter net te ken is nie genoeg nie. Wys God se liefde deur ander eerste te stel! Vir Ouers: Jou kinders sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk en vrae hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Die leesplan sluit verskeie speletjies in om met vers-memorisering te help. Jy mag dalk toesig wil hou oor gebruik van die materiaal.
More