Stel Ander EersteVoorbeeld
God se liefde genees jou hart.
Dink oor Jesus en die sondes en die pyn wat Hy in sy liggaam gedra het toe Hy vir ons aan die kruis gehang het. Hy het dit gedra sodat Hy ons harte kan genees. Daardie genesing was nie net lank gelede vir mense bedoel nie. Dit is ook vandag vir almal wat kies om Jesus te volg! Jou hart word genees wanneer jy toelaat dat Jesus jou pyn en seer dra.
Vertel vir Iemand: Hoekom dink jy het Jesus die keuse gemaak om vir ons sondes te sterf?
Aangaande hierdie leesplan
Liefde is wie God is. Liefde is hoekom Jesus aarde toe gekom het. Om God se liefde egter net te ken is nie genoeg nie. Wys God se liefde deur ander eerste te stel! Vir Ouers: Jou kinders sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk en vrae hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Die leesplan sluit verskeie speletjies in om met vers-memorisering te help. Jy mag dalk toesig wil hou oor gebruik van die materiaal.
More