Stel Ander EersteVoorbeeld

Put Others First

DAG 3 VAN 8

God se liefde is nie selfsugtig nie.

Om nederig te wees en om ander mense bo jouself te stel, beteken nie noodwendig dat jy nie van jouself hou nie. Ons is almal taamlik indrukwekkend omdat God ons Skepper is. Om te meer van ander mense te dink, beteken dat jy ander mense eerste stel. Een manier om dit te doen, is om vrygewig te wees. Dit is wat mense in die vroeë kerk gedoen het. Wanneer hulle iets baie spesiaal gehad het, het hulle dit met mekaar gedeel. Ons moet ook nie selfsugtig wees en alles vir onsself hou nie! In plaas daarvan, kan ons die voorbeeld van die vroeë kerk volg en onselfsugtig wees.

Vertel vir Iemand: Hoekom dink jy het mense in die vroeë kerk alles wat hulle gehad het met mekaar gedeel?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Put Others First

Liefde is wie God is. Liefde is hoekom Jesus aarde toe gekom het. Om God se liefde egter net te ken is nie genoeg nie. Wys God se liefde deur ander eerste te stel! Vir Ouers: Jou kinders sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk en vrae hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Die leesplan sluit verskeie speletjies in om met vers-memorisering te help. Jy mag dalk toesig wil hou oor gebruik van die materiaal.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church