Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 21 VAN 43

Lees: Hosea 7:3-12, Psalms 106:40-45

SOAP: Psalms 106:44-45

Tog het Hy sy oë nie vir hulle nood gesluit nie;
Hy het hulle smeekgebede verhoor.
Ter wille van hulle het Hy aan sy verbond gedink,

En in sy groot liefde was Hy genadig. – Psalms 106:44-45 

 

Vers 11 vergelyk Efraim (Israel) met ‘n duif, dom en sonder verstand. Dit lyk vir my asof die mense in Antieke tye maar net soos ons vandag oor duiwe gedink het! Die rede vir hierdie vergelyking is in vers 10: die Isrealiete was te trots om na God terug te draai en Hom te soek.

Trots is een van die hoofredes waarom ons ons rug op mense keer.  Hulle doen iets waarvan ons nie hou nie of hulle doen nie dinge soos ons verwag het nie, en dan kom ons trots in die pad van ons vriendskap, ons verhouding, ons huwelik... 

Dalk is trots die rede waarom jy nie meer so naby aan die Here voel nie. Soms kom ons agter dat ons verhouding met die Here nie meer soos vroeër is nie, en ons weet nie regtig hoekom nie. Miskien het Hy nie jou gebede verhoor soos jy gehoop het nie. Miskien het sy tydsberekening jou laat twyfel aan sy wil vir jou lewe. 

Ek wil jou vandag herinner dat Hy sy verbond onthou. Hy onthou sy beloftes aan jou. Elkeen van hulle. Hy is toegeeflik teenoor jou volgens die oorvloed van sy onwankelbare liefde. Dit is nie Hy wat weggestap het nie. Hy wag nog steeds daar, net soos gister, en net soos Hy môre ook sal wag, dat jy sy aangesig sal soek. 

Abba, dankie vir u onwankelbare liefde. Dankie vir u genade. Dankie omdat daar nie een belofte aan my gemaak is wat U nie gaan nakom nie. Ek wil U met my hele hart vertrou. Laat my trots nie in die pad kom nie. Amen.

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid