Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 26 VAN 43

Lees: Hosea 9:1-9, Jesaja 10:1-4

SOAP: Hosea 9:9

Net soos in die tyd van Gibea is daar nie ‘n einde aan hulle slegte dade nie. Die Here sal hulle sonde teen hulle hou, Hy gaan hulle laat boet vir hule oortredings. – Hosea 9:9

 

Het jy al ooit daardie “selfies” gesien wat geneem is sekondes voor ‘n ramp plaasvind? Soos wanneer ‘n persoon besig is om op ‘n boot ‘n “selfie” te neem en in die agtergrond kan mens sien hoe ‘n haai besig is om uit die see te kom. Jy kan in die foto sien wat gaan gebeur, maar die persoon wat besig is om die “selfie” te neem het geen idee wat gaan gebeur nie. Dit is presies wat besig was om te gebeur met Israel. Hulle was besig om af te stuur op ‘n ramp en hulle was heeltemal onbewus daarvan.

Die mense in Israel het Hosea daarvan beskuldig dat hy ‘n fatalis was toe hy aankondig dat hulle geoordeel gaan word en dat hulle hulleself moet bekeer. Hulle het gedink: “Wie in sy gesonde verstand sou so ‘n oordeel uitspreek terwyl ons so ‘n oorvloedige oes het, wat net beskou kon word as ‘n bewys van God se seën?” Hulle het in ‘n tyd geleef van oorvloed en almal was gelukkig. Dinge het baie goed gegaan… of dalk nie?

Ons het dalk ‘n valse gevoel van sekuriteit wanneer dit goed gaan met ons. Ons het nie groot probleme nie, die lewe is goed en ons vergeet van God. Het jy al agtergekom dat dit vir ons makliker is om na God toe te gaan tydens moeilike tye in ons lewens as wat dit is wanneer dit met ons goed gaan? Kom ons gaan na Hom met elke area van ons lewens! 

Onse Vader, mag my siel na U soek, nie net tydens die moeilike tye in my lewe nie, maar ook in die gelukkige tye. Help my om aan U vas te hou elke dag van my lewe. Amen

 

 

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid