Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 25 VAN 43

Lees: Hosea 8:1-14, Romeine 9:22-24

SOAP: Romeine 9:22-23

En as God dieselfde wou doen? Hy wou sy toorn laat sien en sy mag bekend maak. Daarom het Hy die voorwerpe van toorn, die mense wat reg was om verdelg te word, met groot geduld verdra. So sou Hy ook die rykdom van sy heerlikheid bekend maak oor die voorwerpe van sy ontferming, die mense wat Hy vantevore vir die heerlikheid voorberei het. – Romeine 9:22-23

“Hulle het hulle eie konings aangestel sonder my goedkeuring, hulle het leiers aangestel wat Ek nie erken nie. Hulle het vir hulleself afgodsbeelde gemaak van hulle silwer en goud, maar dit sal vernietig word.” (Hosea 8:4). Die mense van Israel hul lewens onafhanklik van God geleef.   

Om besluite te neem sonder om vir God se wil te vra is nie net sonde nie, maar ook dwaas. Die Here waarsku ons daarteen in sy Woord. 

“Moenie dink jy het die wysheid in pag nie” Spreuke 3:7

“Moenie eiewys wees nie.” Romeine 12:16

 

Ons is geneig om dinge te oordeel gebasseer op wat reg voor ons is, of deur wat ons sien. En ons vergeet dat dit wat ons sien net ‘n klein deel is van wat regtig aangaan. Net God kan alles sien. Net Hy sien die volle prentjie van ons lewens. Wat ‘n fout! Ons het God se leiding nodig in alles wat ons doen, in elke besluit wat ons neem. Dit is die enigste manier hoe ons sekerheid kan hê. En sekerheid is baie belangrik in die tye wanneer ons geloof nie sterk genoeg is nie. Ons gebruik die sekerheid om uit te hou wanneer ons liggame wil opgee, want ons is seker dat ons die regte besluit geneem het gebasseer is op God se Woord en uit gehoorsaamheid aan sy wil vir ons lewens, ongeag hoe moeilik dit ookal vir ons is.

Here, God, ek wil nie op my insig staat maak en in my eie oë wys wees nie. Ek vra dat u my sal lei wanneer ek ‘n besluit moet neem. Gee my die sekerheid dat ek vorentoe beweeg in die rigting wat U wil hê ek moet gaan. Amen.

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid