Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 24 VAN 43

 

Lees: Hosea 7:13-16, Psalms 78:32-39

SOAP: Psalms 78:38

Maar Hy is genadig, 

Hy vergewe sonde,

Hy wis sy volk nie uit nie.

Dikwels het Hy sy toorn bedwing 

En sy gramskap nie laat losbreek nie. – Psalms 78:38

 

Hierdie verse beskryf hoe Israel hulle probleme gesien het, maar nie hulle sondes nie. Wanneer God se hand teen 'n mens is, sien die mens maklik dat hy ‘n probleem het, maar sien dit dikwels nie as sonde teenoor die Here nie. Toe Israel probleme gehad het, het hulle op hulle beddens gelê en treur, in plaas daarvan om na die Here toe te gaan. Hulle het hulpmiddels gesoek, maar nie by die Allerhoogste nie.

Dit gebeur soms met ons ook. Ons het probleme en ons probeer om dit op ons eie op te los. Ons vra vir raad en ons bel ons mans, ‘n vriendin, ons ma’s… ons beplan wat ons gaan doen en hoe ons dit gaan doen. En ons vergeet om na God te gaan. Hy is laaste op ons lys, ons laaste bron van hulp. 

Ons het ‘n barmhartige God wat altyd bereid is om ons te help. Selfs wanneer ons op die slegste wyse sondig, het Hy medelye vir ons en bedwing Hy dikwels sy toorn teenoor ons.

Hemelse Vader, my menslike natuur laat my soek vir oplossings op die mees onverwagte plekke, sonder dat ek besef dat U altyd my eerste en beste opsie is. Amen.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid