Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 27 VAN 43

 

Lees: Hosea 9:10-17, Deuteronomium 28:64-65, Psalms 77:8-10

SOAP: Hosea 9:17

Verdere leeswerk: Psalms 77

BAIE BELANGRIK: Die verse in die Afrikaanse en Engelse Bybels stem hier nie ooreen nie. Lees Psalms 77:8-10 in die Afrikaanse Bybel.

My God het hulle verwerp omdat hulle nie na Hom geluister het nie: hulle sal swerwelinge word onder die nasies. – Hosea 9:17

“Sal die Here vir altyd verstoot en nooit weer genade betoon nie? Het daar vir altyd ‘n einde gekom aan sy trou? Geld sy beloftes dan glad nie meer nie? – Psalms 77:8-9

 

God hersien die geskiedenis van sy verhouding met die Jode. ‘n Mens vind nie druiwe in die woestyn nie, maar as jy wel doen, sal dit jou baie vreugde verskaf. Dit is hoe God gevoel het toe Hy vir Israel aangeroep het. Die heel eerste vrugte van die vyebome is besonders smaaklik, en Israel was baie spesiaal vir God. Maar hierdie vreugdevolle ervaring het nie lank gehou nie, omdat koning Balak vir Israel haar eerste smaak gegee het van die aanbidding van die Baälse aanbidding, en die nasie het in afgodediens en onsedelikheid met haar bure toegeggee. (Numeri 25)

"God het sy mense in ‘n spesiale land geplaas, maar hulle het die land besoedel met hulle afgode. (Hosea 9:13). Hoe meer voorspoedig hulle geword het, hoe meer het hulle van God af weggedraai. Nou moet hulle deur ‘n slegte oes gaan as gevolg van hulle sonde, hulle en hulle kinders." – Warren Wiersbe

As gevolg van hulle sonde sou hulle swerwelinge wees onder die nasies. Dit was ‘n belofte wat gemaak was onder die Ou Verbond. Gelukkig, deur Jesus Christus, kan ons in geloof na God toe gaan in ‘n nuwe verbond. (Hebreërs 8:12; 10:16-17). Psalms 77 herinner ons dat die Here nie vergeet het om genadig te wees nie. Dat sy barmhartigheid groter is as sy toorn.

Hemelse Vader, dankie vir U geduld teenoor my. Dankie dat U vir my ‘n nuwe verbond gegee het deur Jesus Christus. Dankie vir U genade, vir die oorweldigende, onverdiende en onophoudelike barmhartigheid wat U aan my bewys het. Amen.

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid