HOSEA 9:10-17

HOSEA 9:10-17 AFR83

Israel was vir My soos druiwe waarop 'n mens in die woestyn afkom. Ek het in julle voorouers die belofte gesien wat die heel eerste vrug aan 'n jong vyeboom inhou. Maar hulle het na Baäl-Peor toe gegaan en hulle verbind aan 'n god wat vir hulle in die steek laat, en hulle het net so afstootlik geword soos die ding wat deur hulle vereer is. Soos 'n voël wegvlieg, so sal Efraim se mag verdwyn: daar sal geen geboortes, geen swangerskappe en geen bevrugtings meer wees nie. En as hulle die kinders wat hulle reeds het, probeer grootmaak, sal Ek hulle heeltemal kinderloos maak, daar sal geen kind oorbly nie. Daar wag vir hulle ook ellende wanneer Ek hulle verlaat. Efraim was vir My soos 'n jong palmboom wat in vrugbare grond groei. Maar dieselfde Efraim sal sy kinders moet uitlewer aan die moordenaar! Gee aan hulle, Here, wat U wil, gee hulle kinderlose baarmoeders en borste sonder melk. Al hulle boosheid het by Gilgal begin. Ja, daar het Ek hulle al gehaat oor hulle goddelose dade. Ek sal hulle uit my huis wegjaag, Ek sal hulle nie meer liefhê nie. Al hulle leiers is in opstand teen My. Efraim is dodelik getref. Sy wortels het verdroog, hy kan nie meer enige vrugte dra nie. Ook al bring Efraim kinders in die wêreld, sal Ek die kinders laat sterf vir wie hulle so lief is. My God het hulle verwerp omdat hulle nie na Hom geluister het nie: hulle sal swerwelinge word onder die nasies.

Gratis leesplanne en oordenkings oor HOSEA 9:10-17

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid