Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 31 VAN 43

Lees: Hosea 10:9-15, Handelinge 17:27, Jakobus 4:8

SOAP: Hosea 10:12

Verdere leeswerk: Handelinge 17:22-31

Ek het gesê: “Saai volgens my wil, en julle sal my liefde oes. Ploeg vir julle ‘n nuwe land! Dit is nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet.” – Hosea 10:12 

 

Ek is mal oor vandag se verse! Ons het die afgelope paar weke in Hosea gesien dat die mense van Israel baie gesondig het sonder om hulle sondes te bely. Maar ons God is so liefdevol, so vergewensgesind en goed vir ons, dat Hy nog steeds vir hulle ‘n keuse gee: Saai volgens my wil en julle sal my liefde oes. 

Om dit te kon doen, moes hulle “ ‘n nuwe land omploeg”. Wat beteken dit? Die onbewerkte grond is die harde grond wat nie toelaat dat die saad van God se Woord binne in die mense se harte indring en dan vrugbaar word nie. 

Maar vandag se verse wys vir ons dat daar altyd hoop is. God sal nader aan jou beweeg as jy nader aan Hom beweeg en as jy jou hart reinig deur jou sonde te bely (Jakobus 4:8); God is nie ver van elkeen van ons af nie (Handelinge 17:27) 

Hy is naby aan jou. Is jy naby aan Hom? Is jou hart hard gemaak deur jou "onbewerkte grond"? Watter “gesaaides” sal groei van die saad wat vandag, die afgelope week of maand geplant is? Die tyd om die Here te soek en onwankelbare liefde te oes is nou. God is altyd by jou.

Onse Vader, die feit dat U my nooit gelos het nie, ten spyte van my sonde en ten spyte van my tweestrydige hart, gaan my verstand te bowe. U is naby my! Ek het vandag die behoefte om u omhelsing te voel. Lei my om ‘n lewe te leef waar ek volgens u wil sal saai en genade sal oes. Amen.

Dag 30Dag 32

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle gekeer het. In plaas daarvan het Hy sy getroue liefde gestuur. Hosea herinner ons dat God sy verbond hou. Sy getroue liefde streef na sy mense en sy beloftes bly standvastig.

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com