Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 33 VAN 43

 

Lees: Hosea 12:2-9, Joël 2:13

SOAP: Hosea 12:6-7

BAIE BELANGRIK: Die verse in die Afrikaanse en Engelse Bybels stem nie ooreen nie. Lees Hosea 12:6-7 in die Afrikaanse Bybel.

Verdere leeswerk: Genesis 32:24-32

Die Here is die almagtige God, die Here sal onthou.”

Wat jy moet doen, is om na jou God toe terug te keer: jy moet Hom liefhê en sy bevele gehoorsaam, jy moet jou hoop altyd op jou God vestig. – Hosea 12:6-7 

 

Vandag se verse herinner ons aan Jakob se verhaal. Hosea vergelyk hom met die mense van Israel. In antieke Israel was iemand wat sy broer by die hakskeen vasgehou het ‘n swendelaar, iemand wat sy doelwitte deur middel van slinkse en oneerlike maniere laat slaag het. Deur Hosea, het God gesê, "Dit was Jakob toe en nou is dit Israel.”

Maar, ten spyte van die ooreenkomste, het die profeet die verskille tussen Jakob en die mense van Israel uitgewys. Hy herroep die stryd tussen Jakob en die engel in Genesis 32:24-30. Jakob het geweier om homself aan God te onderwerp, dus het God onderdanigheid van Jakob vereis in ‘n letterlike strydgeveg. Jakob het die geveg verloor en getreur. Hy het geweet God het hom verslaan en al wat hy kon doen was om aan God vas te klou en te smeek dat God hom sal seën. Hosea noem Jakob in die verse om vir Israel te wys wat hulle moet doen: in plaas daarvan om met God te baklei, moet hulle net oorgee.

Daar is twee maniere waarop mens lewenslesse kan leer: die maklike manier en die moeilike manier. Israel het besluit om op die harde manier te leer, waar hulle dieselfde foute oor en oor gemaak het. Ek kan myself daarin herken. Ek het al ‘n paar harde lesse in my lewe geleer, omdat ek dinge op my manier wou doen en God eenkant gelaat het.

Here, U het al gesien hoe ek teen U stry, teen u wil vir my lewe en teen U perfekte tydsberekening. Help my om U met alles te vertrou. Help my om te onthou dat U God is en dat U weet wat die beste is. A

Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid