Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 35 VAN 43

Lees: Hosea 12:13-15, 2 Konings 7:7-9, Miga 6:16

SOAP: Hosea 12:15

Verdere leeswerk: Genesis 29:1-20

BAIE BELANGRIK: Die verse in die Afrikaanse en Engelse Bybels stem hier nie ooreen nie. Lees Hosea 12:13-15 in die Afrikaanse Bybel.

Maar Efraim het My aangehou tart en verdien die dood. Ek sal hom straf vir sy skandelike gedrag. – Hosea 12:15

 

Vandag gaan ons voort met die vergelyking tussen Jakob en die mense van Israel. Hosea herinner hulle aan die tyd toe Jakob na sy oom toe was om vir sewe jaar vir hom te werk sodat hy met Ragel kon trou. Hosea het ‘n konneksie gemaak tussen die komende ballingskap van Israel en Jakob se eie ballingskap toe hy van Esau af gevlug het na Laban. 

Hosea herinner die mense dat God altyd profete na Israel toe gestuur het. Hierdie profete het God se Woord aan die mense verkondig, maar hulle het weggdraai van God se Woord en afgode gedien. (verse 11-14). Dit het God toornig gemaak en die manier waarop hulle onskuldige bloed gestort het, het God nog meer toornig gemaak. 

Hulle was so goddeloos en het sulke gruweldade gedoen dat hulle vir hul dade terugbetaal sou word. Die verse van vandag herinner my aan Deuternomium 8:2 – “Jy moet onthou hoe die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het. Hy het dit gedoen om jou nederig te laat word en om jou op die proef te stel sodat Hy kan weet wat jy dink en of jy sy gebooie sal gehoorsaam of nie.”

Daar is tye wat God toelaat dat ons swaarkry sodat ons kan sien wat in ons harte is. Hy het vir Israel vir veertig jaar in die woestyn gelei sodat hulle kon uitvind wat in hulle harte was. Hy gebruik soms moeilike tye in ons lewens om ons die geleentheid te gee om te sien wat in ons harte is sonder enige misleiding.

Hemelse Vader, help my om geen sonde in my hart weg te steek nie. Wys my asseblief enige iets wat dalk vir my verborge is. Help my om enige omstandighede te verduur wat ek moet verduur om bewus te word van die diepste sonde wat in my hart is. Amen.

 

 

Dag 34Dag 36

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid