Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 36 VAN 43

Oordenkingsvrae:

1. God beveel Israel om terug te keer en Hom te soek. Is God se genade afhanklik van Israel se aksies? Is God se genade teenoor ons afhanklik van ons aksies? 

2. Hosea 11:8 sê dat God dit nie oor sy hart kon kry nie. Kan God van besluit verander? Noem ander voorbeelde waar God van besluit verander het. 

3. As God sy besluit kan verander, beteken dit dat Hy werklik die toekoms ken? Hoe dra sy vermoë om sy besluit te verander by tot sy oppermag? 

4. Is God inkonsekwent of onvoorspelbaar as Hy sy besluit kan verander? Hoe is sy gewilligheid om sy besluit te verander 'n troostende gedagte? 

5. Hoe word God se geregtigheid beïnvloed deur sy vermoë om sy besluit te verander? Hoe word God se genade beïnvloed deur die manier hoe Hy sy besluit verander? 

Dag 35Dag 37

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle gekeer het. In plaas daarvan het Hy sy getroue liefde gestuur. Hosea herinner ons dat God sy verbond hou. Sy getroue liefde streef na sy mense en sy beloftes bly standvastig.

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com