Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 41 VAN 43

Lees: Hosea 14:2-4, Nehemia 1:9, 2 Petrus 3:9

SOAP: Hosea 14:3

BAIE BELANGRIK: Die verse in die Afrikaanse en Engelse Bybels stem hier nie ooreen nie. Lees Hosea 14:2-4 in die Afrikaanse Bybel.

Bely jou sondes
 en keer terug na die Here toe;
Sê vir Hom,
 “Vergewe tog al ons sondes
en aanvaar ons in genade,
 sodat ons weer ‘n lofoffer
 aan U kan bring. – Hosea 14:2

 

Na al die oordeel waarvan ons in die boek Hosea lees, herinner Petrus se verse ons dat ons God geduldig is en nie wil hê dat enige iemand verlore moet gaan nie. Hy wag geduldig dat elke siel tot bekering moet kom. 

Israel moes terugkeer na God toe. Die Here het uiterste metodes gebruik om hulle harte terug te draai na Hom toe. Maar dit was uiteindelik waarvoor hulle gevra het. Al draai God se mense weg van Hom af, Hy sal hulle nooit verlaat nie. Selfs al dissiplineer Hy hulle, bly Hy getrou aan Sy verbond en Sy beloftes.

Het jy op enige manier wegbeweeg van God af? Onthou, daar is altyd tyd en geleentheid om terug te draai na Hom toe. Nehemia gee vir ons die sleutel om terug te draai:  kom God se gebooie na en leef daarvolgens. Wanneer ons terugdraai na die Here toe, moet ons eers nederig word voor Hom. Ons moet ons sonde erken asook ons totale afhanklikheid van die genade van God. Moenie huiwer om terug te draai na God toe nie. Moet nooit dink dat jou sondes te groot is of dat jy reeds te ver weggedraai het nie. Hy is altyd gereed om jou te vergewe en om jou terug te verwelkom. 

Vader, U liefde is so groot en U genade is ewigdurend. Daar is niks wat ek kan doen wat U nie kan vergewe nie. Gee my krag om van my sonde te kan wegstap en terug te draai in U liefdevolle arms in. Amen. 

 

Dag 40Dag 42

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle gekeer het. In plaas daarvan het Hy sy getroue liefde gestuur. Hosea herinner ons dat God sy verbond hou. Sy getroue liefde streef na sy mense en sy beloftes bly standvastig.

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com