Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 28 VAN 43

Lees: Hosea 10:1-8, Klaagliedere 1:8, 15, 18

SOAP: Klaagliedere 1:18

Die Here het reg gedoen: ek was ongehoorsaam aan sy woord. Luister tog, alle volke, aanskou my smart: my jong vroue en jongmanne het ballinge geword. - Klaagliedere 1:18

 

God het Israel, sy uitverkore mense, geseën met aardse oorvloed, maar hulle het dit alles net vir hulself gebruik en vir hulle afgodsdienstige begeertes, deur altare te bou vir afgode. Israel het God se seëninge op goddelose maniere misbruik.

Paulus waarsku teen dieselfde sonde in Galasiërs 5:13 “Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.” Partykeer, as Christene, vat ons die vryheid en seëninge wat God vir ons gee en gebruik ons dit op goddelose maniere.

Klaagliedere herinner ons vandag wat met die mense van Israel gebeur het: hulle het in ballingskap gegaan. Die jong vroue en mans van Israel moes die prys betaal van haar mense se opstand teenoor God. Ons moet nooit vergeet dat sonde nagevolge het nie. Dit is waar dat God ons sondes heeltemal vergewe wanneer ons ons sonde bely. Maar Hy vat nie die nagevolge van ons sondige gedrag weg nie. 

Ons Vader, ek wil nie met onbelyde sondes lewe nie. Ek weet my sonde het nagevolge in my lewe. Help my asseblief, nadat ek my sondes aan U bely het, om die nagevolge van daardie sondes te hanteer. Help my om as ‘n wyse vrou te lewe. Amen.
 

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid