PSALMS 106:40-45

PSALMS 106:40-45 AFR83

Die toorn van die Here het teen sy volk ontvlam, Hy het 'n weersin gekry in die volk wat aan Hom behoort en hulle aan heidene oorgegee, sodat hulle haters oor hulle geheers het. Hulle vyande het hulle verdruk en hulle onder hulle gesag laat buig. Talle kere het die Here sy volk gered, maar hulle het opstandig gebly en dieper in hulle sonde weggesink. Tog het Hy sy oë nie vir hulle nood gesluit nie; Hy het hulle smeekgebede verhoor. Ter wille van hulle het Hy aan sy verbond gedink, en in sy groot liefde was Hy genadig.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid