Psalms 106:40-45

Psalms 106:40-45 DB

Toe het die Here baie kwaad geword vir sy volk. Hy wou niks meer met sy eie mense te doen hê nie. Hy het toegelaat dat hulle vyande bo-oor hulle loop, hulle is swaar verdruk deur hulle nuwe heersers. Hulle vyande het geen genade geken nie, hulle het Israel baie swaar laat ly. Keer op keer het God sy volk uit die gemors kom haal, maar hulle wou eenvoudig nie voor Hom buig nie, hulle het net al hoe dieper in hulle sonde weggesink. Maar God het gesien hoe swaar hulle kry, Hy het geluister as hulle Hom smeek om hulle te kom help. Hy het onthou dat Hy sy ooreenkoms met hulle gemaak het. Omdat sy hart oorloop van goedheid, het Hy sy hand weer na hulle toe uitgesteek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid