PSALMS 106:40-45

PSALMS 106:40-45 NLV

Die HERE se toorn het teen sy volk ontbrand, en Hy het sy eie volk verafsku. Hy het hulle oorgegee aan die nasies; hulle haters het oor hulle geheers. Hulle vyande het hulle verdruk en aan hulle mag onderwerp. Baie kere het Hy sy volk verlos, maar hulle het opstandig gebly en verder in hulle sondes weggesink. Tog het Hy hulle ellende raakgesien, en geluister na hulle hulpgeroep. Hy het gedink aan sy verbond met hulle, en Hy was genadig op grond van sy onfeilbare liefde.