Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 20 VAN 43

Lees : Hosea 7:1-2, Psalms 9:16-17, Proverbs 5:22

SOAP: Psalms 9:17

BAIE BELANGRIK: Die verse in die Afrikaanse en Engelse Bybels stem nie ooreen nie. Lees Psalms 9:16-17 in die Afrikaanse Bybel.

So het die Here Hom bekend gemaak, Hy het reg laat geskied,
    en die skuldige is deur sy eie handewerk gevang. – Psalms 9:17

Die probleem met die volk en leiers van Israel was dat hulle vergeet het dat die HERE hulle sonde gesien en onthou het. Hoeveel keer vergeet ons dat die HERE sien en onthou wanneer ons sonde doen? Pleks daarvan dat ons ons sondes bely en vergifnis vra, vergeet ons daarvan. Maar nie God nie. Ja, Hy is altyd gretig om ons te vergewe. Maar laat ons nie vergeet dat ons ‘n Heilige God het wat nie sonde in sy teenwoordigheid kan verdra nie. 

God was gewillig om Israel hulle sonde en die uitwerking daarvan te vergewe, maar nie terwyl hulle gemaak het asof God nie hulle sonde raaksien nie. Hulle moes teenoor God optree soos Hy werklik is, ‘n God wat onbelyde, openlike sonde raaksien. 

Psalms 9:17 sê, “Die skuldige is deur sy eie handewerk gevang.” Hoe dikwels doen ons verkeerde dinge en dan blameer ons God vir die rampe in ons lewe? Hoeveel sondes vergeet ons om te bely omdat ons al so gewoond geraak het daaraan? God is bereid om ons sondes vergewe, maar ons moet dit bely en sy vergifnis vra. 

Hemelse Vader, vergewe my asseblief. Vergewe my sonde. Vergewe my dat ek al so gewoond geraak het aan daardie sonde in my lewe dat ek nalaat om dit te bely. Amen.

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid