Getroue LiefdeVoorbeeld
Lees: Hosea 6:4-7:1, Galasiërs 6:14-16
SOAP: Hosea 6:6
Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie,
en in kennis van God meer as in brandoffers. – Hosea 6:6
Ek onthou van ‘n tyd in my lewe toe ek totaal verlore gevoel het. Dit het gevoel asof niks wou werk nie. Die een probleem na die ander het oor my pad gekom, en my lewe was ‘n voortdurende worsteling met alles en almal. Eendag, toe ek in my gebed behoorlik my lot by die Here bekla het oor al die swaar wat ek moes verduur, het ek Hom gevra: “Wat wil U nóg van my hê?”
Ek het God breedvoerig herinner aan alles wat ek vir Hom doen en op hoeveel maniere ek Hom dien… asof Hy nie weet nie! En toe stel ek my vraag. Op daardie oomblik het ek ervaar dat die Heilige Gees hard uitroep: Dis vir jou wat ek wil hê. Ek begeer jou hart.
Ek was so geskok dat ek net daar opgehou het met my gesanik. En toe besef ek, ek het baie dinge vir God gedoen. Ek het Hom op baie verskillende gebiede gedien… maar ek het van Hom vergeet. Ek was so besig met die dinge wat ek vir Hom gedoen het, dat ek nie meer tyd gehad het saam met Hom deur te bring nie.
God begeer eers jou liefde, en dan jou offer. Hy wil jou hart hê. En dan jou diens. Dis baie makliker om eers besig te raak en jou skedule vol te maak as om tyd in God se teenwoordigheid deur te bring. Ons voel produktief. Maar ons vergeet dat die grootste vervulling op ons knieë behaal word.
O Here, laat my asseblief nie so besig raak om vir U te werk dat ek vergeet om saam met U te wees nie. Ek wil elke dag in u heilige teenwoordigheid wees en my tyd saam met U geniet, elke oomblik saam met U koester. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle gekeer het. In plaas daarvan het Hy sy getroue liefde gestuur. Hosea herinner ons dat God sy verbond hou. Sy getroue liefde streef na sy mense en sy beloftes bly standvastig.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com