Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 18 VAN 43

Lees: Hosea 6:1-3, Klaagliedere 3:22-24, 1 Petrus 5:6-7

SOAP: Hosea 6:1-3

“Kom ons gaan terug na die HERE, 

want Hý het ons verskeur maar sal ons weer gesond maak,
 Hý het ons geslaan maar sal weer ons wonde verbind.
 Hy sal ons na twee dae ‘n nuwe lewe laat begin.
 Hy sal ons op die derde dag weer krag gee
 sodat ons in sy teenwoordigheid kan leef.
 Kom ons wy ons aan Hom toe,
 kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
 Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom,
 Hy sal na ons toe kom soos stortreën,

Hy sal ons verkwik soos lentereëns die grond verkwik.” – Hosea 6:1-3

 

Hosea argumenteer nie met God of keur sy tugtiging af nie, maar hy lei Israel in ootmoedige gebed. Net soos Esra in gebed vergifnis gevra het vir die sonde van die mense in Israel, spoor Hosea die mense aan om na die Here terug te keer. Hoekom? Want Hy is die enigste een wat ons kan genees, die enigste een wat ons kan verbind.

Hosea verwys na Jesus se dood en opstanding: “Hy sal ons na twee dae ‘n nuwe lewe laat begin. Hy sal ons op die derde dag weer krag gee.” Dié wat in Christus is, sal verseker moeilike tye beleef, maar ons het die ewige lewe ontvang en ons het die sekerheid dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar gaan word nie (Romeine 8:18).

In Hosea 4:6 beskryf Hosea Israel se probleem: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis” (1953-vert.). Vandag spoor hy die volk aan om die Here te ken. Ek hou van die idee om mens in te span om die Here te ken. Ons moet besef dat dit ‘n stryd is om elke dag met die Woord om te gaan en die Here te leer ken. Ons moet ons elke dag inspan en volhard om naby God te bly en Hom al beter te leer ken.

Dierbare Hemelse Vader, daar is soveel dinge deur my dag wat my aandag vereis.  Help my om my tyd saam met U ‘n prioriteit te maak. Ek wil U beter ken. My hart smag na U. Amen.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle gekeer het. In plaas daarvan het Hy sy getroue liefde gestuur. Hosea herinner ons dat God sy verbond hou. Sy getroue liefde streef na sy mense en sy beloftes bly standvastig.

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com