Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 17 VAN 43

Lees: Hosea 5:1-15, Filippense 3:18-4:1

SOAP: Hosea 5:15

Ek gaan My in my woonplek terugtrek totdat hulle hulle skuld bely en vra na my wil. 

In hulle nood sal hulle my hulp kom vra. – Hosea 5:15

 

Toe God sien hoe erg die volk Israel in sonde verval het, het Hy gesien dat dit was omdat die leiers nie goddelike leiding gegee het nie.  Die priesters kon in die versoeking kom om die volk te blameer, maar dit was eintlik hulle, die geestelike (priesters) en politieke leiers (huis van Israel) van die volk se skuld.

Filippense sê tereg as ons harte op aardse dinge ingestel is, lewe ons as vyande van die kruis. Ons moet nooit vergeet dat ons ín hierdie wêreld, maar nie ván hierdie wêreld is nie. Ons is burgers van die hemel en ons moet elke dag van ons lewe daardie waarheid uitleef.  

“In hulle nood sal hulle my hulp kom vra”. Dit was die doel met God se oordeel teen Israel. Die doel was nie om te vernietig nie, maar om te herstel. Hoe jammer dat ons so dikwels net in ons beproewings die HERE opreg aanroep. Waarom nie die HERE sommer nou aanroep, voordat beproewing jou daartoe dryf nie? Is dit nie beter om God in die goeie tye te soek en nie eers te wag totdat moeilike tye aanbreek nie?

Hemelse Vader, help my om op U ingestel te bly. Herinner my dat ek ‘n Hemelse burger is en dat ek my lewe in ooreenstemming met daardie waarheid moet leef. Ek wil nie my lewe in aardse dinge belê nie, maar in U. Amen.

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle gekeer het. In plaas daarvan het Hy sy getroue liefde gestuur. Hosea herinner ons dat God sy verbond hou. Sy getroue liefde streef na sy mense en sy beloftes bly standvastig.

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com