40 Daaglikse Oordenkings vir die LydenstydVoorbeeld
![40 Daily Devotionals for Lent](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14435%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Jou Vader Gee Goeie Gawes
Weeklikse Oorsig:
Ons wy hierdie week daaraan om ons toegeneentheid tot God na vore te bring. God het ons geskep om Hom te sien, om sy karakter te ken en om toe te laat dat die waarheid van sy goedheid ons in 'n dieper verhouding met Hom sal lei. Augustinus het geskryf: "U het ons vir Uself geskep en ons harte sal rusteloos bly totdat dit in U rus gevind het." Deur God te sien vir wie Hy is, is ons harte dus van nature geroer om in sy goedheid rus te vind. Mag jou hart ook deur die openbaring van God se wonderlike karakter geroer word.
Skrifgedeelte: "Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie" Jakobus 1:17.
Oordenking:
Een van my gunsteling eienskappe van God se hart, is sy begeerte om aan ons fantastiese gawes te gee. Jakobus 1:17 sê: "Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie." Elke goeie gawe wat jy ontvang, is omdat God jou liefhet. Sy liefde vir jou is so groot dat Hy elke moontlike geleentheid gebruik om aan jou 'n gawe te gee. Hy het 'n dringende behoefte dat jy moet weet Hy het jou lief en waardeer jou. Hy wil ten diepste hê jy moet weet Hy is nie ver van jou nie, maar eerder dat Hy in jou midde werk om jou na oorvloedige vreugde, vrede en lewe te lei.
Ons lees in Matteus 7:11: "As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?" Ek hou daarvan dat God aan ons as Vader wil bekendstaan. Omdat God besluit het om Hom aan ons as 'n Vader te openbaar, kan ons meer tasbaar die liefde van God verstaan, soos deur goeie aardse ouers gegee. God wil baie graag vir jou seën soos 'n goeie pa sou. Terselfdertyd, is sy liefde vir jou baie dieper en kragtiger as wat enige aardse ouer jou ooit kan liefhê. Ons hemelse Vader oortref verreweg enige voorbeeld wat 'n aardse vader kan stel. Watter gawes wil jy vandag graag hê? Smag jy na vriendskap? Verlang jy na 'n dieper besef van geliefd te wees? Wil jy net graag weet dat Hy by jou is?
Die gawes wat God gee, lyk dalk nie soos die geskenke wat jy verlede jaar vir Kersfees oopgemaak het nie, maar dit sal presies wees wat jy nodig het en wanneer jy dit nodig het. As jy dus 'n vriend wil hê, vra net vir God! Hy het jou sy vriendskap belowe en Hy is lief daarvoor om sy kinders in gemeenskap met ander te lei. Het jy 'n behoefte om te weet jy is geliefd? God wil so vreeslik graag hê dat jy die diepte van sy liefde moet verstaan, dat Hy sy Seun gestuur het om vir jou te sterf! Hy wil baie graag sy liefde nou oor jou uitstort. Wil jy weet dat God by jou is? Vra Hom vir 'n openbaring van sy teenwoordigheid. Vra die Gees om jou oë oop te maak vir al die wyses waarop Hy in jou lewe werk. Vra vir God om al die maniere aan jou te openbaar hoe Hy in die verlede, hede en toekoms by jou sal wees. Het jy finansiële voorsiening nodig? Vra om die leiding van die Heilige Gees in jou finansies! Vra God om aan jou te voorsien wat jy nodig het. Watter gawe jy ook al vandag van God nodig het, belowe Hy in 1 Johannes 5:15: "En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra." Jou God hoor jou vandag en Hy sal jou volmaak antwoord.
God se gawes is baie meer lewegewend as enigiets wat 'n aardse ouer ooit kan gee. Hy skenk jou die gawe van 'n pragtige sonsopkoms, want Hy weet jy verlang daarna om skoonheid te aanskou. Hy gee jou die gawe van sy teenwoordigheid omdat Hy weet jy het die vrede nodig wat slegs Hy vir jou kan bring. Hy gee jou die gawe van vriendskap, want Hy weet jy kan nie alleen lewe nie. Hy voorsien jou met finansies omdat Hy omgee oor alles wat jy nodig het en waarmee jy ander wil seën. Aanbid Hom omdat Hy goed is. Maak jou hart oop om al die gawes van jou hemelse Vader te ontvang wat Hy vandag so graag vir jou wil gee.
Begeleide Gebed:
1. Staan 'n paar minute af om na te dink oor al die goeie gawes wat God jou gegee het.
2. Dank God nou vir alles wat Hy aan jou gegee het. Dank Hom vir jou vriende, gesin, werk, kerk — enigiets wat jy liefhet. Laat danksegging jou toegeneentheid na vore bring omdat jy jou hemelse Vader beter wil ken.
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag" 1 Tessalonisense 5:18.
3. Vra nou die Gees om jou oë en hart oop te maak sodat jy die gawes kan sien en ontvang wat God vandag vir jou wil gee. Ons moet dikwels in voeling met die Gees wees om te weet dat 'n gawe van God is. Vir 'n sonsondergang om ons van die liefde van God te vertel, moet ons sensitief wees vir God se teenwoordigheid in ons lewens.
Om God te dank vir wat Hy ons reeds gegee het, is 'n kragtige manier om ons harte in te stel om ontvanklik te wees vir dit wat Hy in die toekoms vir ons wil gee. Die lewe is soveel beter wanneer ons erkenning gee aan wat God in ons midde doen. Om te weet jy is geliefd, dat Hy van jou hou en vir jou omgee, is beter as enige materiële besitting wat jy kan ontvang. Jy het 'n hemelse Vader wat fantastiese gawes gee. Vier vandag sy liefde en ontvang alles wat Hy so graag vir jou wil gee.
Verdere Leeswerk: Matteus 7
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![40 Daily Devotionals for Lent](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14435%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hierdie leesplan, wat verskaf is deur First15, is ontwerp om jou op jou reis deur die Lydenstyd te vergesel en jou te bemoedig terwyl jy tyd in die teenwoordigheid van God deurbring en Hom doelbewus oor die volgende 40 dae opsoek. Ons hoop dat jy hierdie bron van groot hulp sal vind!
More
Verwante Leesplanne
![Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir Lydenstyd](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24043%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir Lydenstyd
!['n Sewe-dag Gids oor Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16086%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
'n Sewe-dag Gids oor Gebed
![Om op God te Wag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20231%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om op God te Wag
![Maak 'n Kopskuif](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18084%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Maak 'n Kopskuif
![Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag Kersfees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17399%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag Kersfees
![Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17340%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Delf dieper deur Romeine
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)