40 Daaglikse Oordenkings vir die LydenstydVoorbeeld
Liefde Wen
Weeklikse Oorsig:
In Jakobus 2:26 lees ons dat "… die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood [is]." Om die lewensvolheid te ervaar wat deur geloof aan ons geskenk word, moet ons daders van die Woord word. Ons moenie net Sondae ons liefde voor God bely en dan Maandag lewe asof God nie teenwoordig is, bestaan of goed is nie. Mag jou geloof hierdie week lewend word namate jy daarna streef om te doen wat die Woord sê."
Skrifgedeelte: "Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here" Romeine 8:37-39.
Oordenking:
Deur Jesus, het God oorwinning oor die wêreld behaal. Die duiwel se heerskappy oor die mensdom is by die kruis van Jesus Christus vernietig. In Kolossense 2:13-15 lees ons die volgende: "Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer." Jesus het oor álles getriomfeer wat ons pad na 'n lewe in verhouding met God versper het.
In Romeine 8, een van my gunsteling hoofstukke in die hele Bybel, lees ons: "Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here" (Romeine 8:37-39). Ons het oorwinning oor die vyand en al sy planne ontvang. Alhoewel ons deur Jesus se werk oorwinning ontvang het, probeer die duiwel steeds om jou en my na ons vorige leefwyses terug te lei. Al het Jesus die vyand verslaan, moet ons steeds daagliks daardie oorwinning uitleef en ander om ons help om dieselfde te doen. Alhoewel liefde gewen het, moet ons steeds veg dat ander ook in die oorwinning kan deel.
Ons het mekaar nodig om die vryheid te ervaar wat daar in Christus vir ons beskikbaar is. Die Bybel vermaan ons om saam met ander belydenis te doen, gemeenskaplikheid te beoefen, te aanbid en by geestelike oorlogvoering betrokke te raak. In Spreuke 27:17 lees ons: "Yster slyp yster, vriende vorm mekaar." Jakobus 5:13-16 leer ons die volgende: "As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing. As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking." Ons moet saam met ander betrokke raak en veg vir ‘n oorwinningslewe in Christus. Die Bybel maak dit duidelik dat heiligmaking ‘n beplande proses is wat saam met ander uitgepluis moet word.
Ons moet die beste in mekaar na vore bring. As jy sien dat broers of susters met versoeking sukkel, veg vir hulle deur vir hulle te bid. Bemoedig hulle. Motiveer hulle met die wete dat hulle is wie God hulle gemaak het om te wees. Ondersteun hulle ongeag die omstandighede en gevolge wat hulle pad kruis. Onderskraag hulle in die stryd totdat hulle oorwinning oor die mag van sonde en duisternis in hulle lewens behaal. Praat openlik met mense óm jou oor jouself en jou gevoelens en vra hulle om hulp in jou eie lewe! Jy hoef nie geestelike gevegte alleen te stry nie. Daar is mense om jou wat vir oorwinning in jou lewe sal veg.
Deur Christus het liefde gewen. Hy het die weg van oorwinning vir jou en my gebaan. Ons behoort nie meer aan die wêreld nie. Ons lees in Efesiërs 2:10 die volgende: "Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het." Doen vandag wat God van jou verwag en veg uit liefde vir hulle óm jou om dieselfde te doen. Jy en ek is gemaak vir soveel meer in hierdie lewe as om net teen sonde te stry. Kom ons veg vir mekaar se oorwinning.
Begeleide Gebed:
1. Vernuwe jou denke in ooreenstemming met die oorwinning wat in Christus vir jou beskikbaar is.
"Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer" Kolossense 2:13-15.
2. Wie het nodig dat jy vandag vir hulle oorwinning veg? Vir wie moet jy bemoedig? Wie het nodig dat jy uit liefde die waarheid [God se waarheid] in hulle lewens spreek? Wie het nodig dat jy namens hulle voorspraak moet doen?
3. Bid vir hulle oorwinning. Hoe die Gees jou ook al voorsê, bid dat hulle die krag van sonde in hulle lewens sal oorwin. Vertrou dat God verskuiwings sal bring wanneer jy bid.
"Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking" Jakobus 5:16b.
Jy hoef nie volmaak te wees voordat jy vir oorwinning in iemand anders se lewe kan veg nie. Jy hoef ook nie te voel dat jy waarlik vry en oorwinnend leef voordat jou Vader jou sal gebruik om iemand anders te help nie. As slegs volmaakte mense by geestelike bediening betrokke kon wees, sou die Christendom al lankal verdwyn het. Jy is toegerus om dadelik te help — presies net soos jy is. Hou God se plan voor oë deur by ‘n gemeenskap van medegelowiges betrokke te raak, en ervaar saam ‘n oorvloediger lewe terwyl julle die pad van oorwinning loop wat deur die krag van Jesus se dood en opstanding moontlik gemaak is.
Verdere Leeswerk: Efesiërs 2
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan, wat verskaf is deur First15, is ontwerp om jou op jou reis deur die Lydenstyd te vergesel en jou te bemoedig terwyl jy tyd in die teenwoordigheid van God deurbring en Hom doelbewus oor die volgende 40 dae opsoek. Ons hoop dat jy hierdie bron van groot hulp sal vind!
More