40 Daaglikse Oordenkings vir die LydenstydVoorbeeld
![40 Daily Devotionals for Lent](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14435%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Liefde Vergewe
Weeklikse Oorsig:
In Jakobus 2:26 lees ons dat "… die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood [is]." Om die lewensvolheid te ervaar wat deur geloof aan ons geskenk word, moet ons daders van die Woord word. Ons moenie net Sondae ons liefde voor God bely en dan Maandag lewe asof God nie teenwoordig is, bestaan of goed is nie. Mag jou geloof hierdie week lewend word namate jy daarna streef om te doen wat die Woord sê.
Skrifgedeelte: "Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle in Christus vergewe het" Efesiërs 4:32.
Oordenking:
Ons Vader belowe ons vergifnis op grond van sy volmaakte genade. In Efesiërs 1:7 lees ons: "Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God." Ons het niks gedoen om God se vergifnis te verdien wat Hy so mildelik op ons uitstort nie. God vergewe ons omdat Hy liefde is – God verpersoonlik ware liefde. Jesus het ook deur sy dood gedemonstreer dat liefde vergewe.
Soos ’n groot kloof ‘n swerwer en ‘n oase van mekaar skei, so het sonde ons van God geskei. Die Vader se liefde vir ons was egter net só groot dat Hy sy enigste Seun gestuur het in wie ons vergifnis geregverdig is. Jesus het ons volle sondelas gedra. Dit het beteken Hy het God se woede namens ons verduur sodat ons in staat is om ‘n herstelde verhouding met ons hemelse Vader te mag hê. Hy het regverdigheid teenoor Homself prysgegee en gekies om genade te skenk. "Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees" 2 Korintiërs 5:21.
Die Christelike geloof is die enigste geloof waar verlossing uit genade en nie uit verdienste ontvang word nie. Uit liefde het God ‘n genadepad voor ons uitgelê en roep ons om dieselfde vir ander te doen. As kinders van God, wat alleen uit genade deel van sy familie geword het, moet ons vergewe soos God ons vergewe het. In Kolossense 3:13 lees ons die volgende: "Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe." Jesus was die perfekte rolmodel vir vergifnis, aangesien Hy sy lewe vir jou en my afgelê het. Om ander te vergewe, moet ons soos Jesus ons eie persoonlike regte prysgee ter wille van die persoon wat ons verontreg het. Vergifnis verg nederigheid. Om onverdiende genade te betoon, berus op besluitneming, want, "soos die Here jou vergewe het, moet jy ook vergewe."
Dink vir ‘n oomblik oor jou eie lewe. Wie in jou lewe voel jy het jou verontreg? Dit kan iets kleins wees wat jou benadeel het. Dit kan ‘n lewensveranderende oortreding wees wat teen jou begaan is. Miskien het ‘n ouer jou verlaat. Miskien is jy mishandel. Miskien het jy ‘n werksgeleentheid verloor wat joune moes gewees het. Miskien is jy seergemaak deur iemand wat neerhalend van jou gepraat het. Hetsy die oortredings wat teen jou begaan is groot of klein was, herinner jouself daaraan. Deurleef die onregverdigheid daarvan.
Dink nou vir ‘n oomblik na oor die sonde wat die wêreld teenoor God begaan het. Trots saai verwoesting in die perfekte skeppingsverhaal van die mensdom. Die mens het tot dusver deur al die eeue heen sy eie pad bo God se pad gekies, en sodoende die kringloop van sonde en verwoesting voortgesit waarin ons tans leef. God het sy oordeel oor die mensdom se sondes uit die verlede en toekoms op Jesus geplaas, want Hy kon dit nie verdra om van jou en my geskei te wees nie. Almal van ons is al verontreg, maar God meer as ons. Die mensdom draai elke dag hul rug op God.
God huil oor wat met jou gebeur het. Hy ken jou seer omdat mense elke oomblik van die dag teenoor Hom verkeerd optree. Hy kies egter steeds om te vergewe, want sonder vergifnis is daar nie liefde nie. ‘n Oorvloedige lewe is nie moontlik sonder ‘n herstelde verhouding nie. Nóg God nóg ons kan blydskap ervaar as ons harte verhard is en ons lewe om geregtigheid na te jaag in plaas van dit wat reg is.
Ons is nie geroep om te vergewe omdat iemand dit verdien nie. Ons vergewe omdat dit ‘n bewys van liefde is. Ons vergewe omdat dit vir ‘n oorvloedige lewe noodsaaklik is. Kies vandag liefde bo jou eie sin vir geregtigheid. Kies om soos jou hemelse Vader húlle te vergewe wat jou verontreg het. Kies om te doen wat Kolossense 3:13 ons leer: "Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe." Jy is nie gemaak om met die las van onvergewensgesindheid te leef nie, so moenie dit langer duld nie. Die Gees sal jou help. Hy sal jou die krag en moed gee om te doen wat onmoontlik lyk. Bring vandag tyd in God se teenwoordigheid deur en vergewe soos Hy jou lei en volgens die rigting wat Hy aandui.
Begeleide gebed:
1. Dink na oor die Vaderhart wat vergewe. Maak dan God se vergifnis die vertrekpunt vir jou vergewensgesindheid.
"So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons af" Psalm 103:12.
"Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons. Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered. Ek moet nou tot rus kom, die Here het goed aan my gedoen:" Psalm 116:5-7.
2. Vra vir die Gees wie jy vandag moet vergewe. Hetsy iets kleins of groots jou benadeel het, aan wie moet jy vandag genade betoon?
3. Vergewe daardie persoon. Maak ‘n hartsbesluit en vergewe hulle op híérdie oomblik. As dit moontlik is, maak ‘n afspraak met hulle om dit wat gebeur het deur te praat. Die ongemak of seer wat die gesprek meebring, sal nooit die blywende vrede oortref wat jy gaan ervaar wanneer jy genade betoon en vergifnis aanbied nie.
"Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe" (Kolossense 3:13).
Om te vergewe is ‘n proses. Dit is egter ‘n proses wat die moeite werd is. Beoordeel jou hart die óómblik wat jy verontreg voel. Werk deur ‘n vergifnisproses in plaas daarvan om toe te laat dat die wonde keer op keer oopgekrap word. ‘n Franse spreekwoord lui: "Skryf seerplekke in die sand [om dit te vergeet] en goedheid in marmer [om dit te onthou] neer.” Dit is in orde om seergemaak te voel. Dit is slegs ongesond as jy jou seerplekke in marmer neerskryf om hulle langer aan jou te laat vaskleef as wat hulle moet. God het jou na sy beeld geskep en sy Gees vir jou gegee. Jy het die krag om te vergewe. Kies dan liefde – vandag en elke dag. Laat die Gees toe om deur die wonderlike geskenk van vergifnis die hartswonde te genees wat mense en die lewe jou toegedien het.
Verdere Leeswerk: Kolossense 3
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![40 Daily Devotionals for Lent](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14435%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hierdie leesplan, wat verskaf is deur First15, is ontwerp om jou op jou reis deur die Lydenstyd te vergesel en jou te bemoedig terwyl jy tyd in die teenwoordigheid van God deurbring en Hom doelbewus oor die volgende 40 dae opsoek. Ons hoop dat jy hierdie bron van groot hulp sal vind!
More
Verwante Leesplanne
![Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir Lydenstyd](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24043%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir Lydenstyd
!['n Sewe-dag Gids oor Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16086%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
'n Sewe-dag Gids oor Gebed
![Om op God te Wag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20231%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om op God te Wag
![Maak 'n Kopskuif](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18084%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Maak 'n Kopskuif
![Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag Kersfees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17399%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag Kersfees
![Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17340%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Delf dieper deur Romeine
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)